Johann Muller hoop op WB-kans

2011-06-24 09:41
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Hy besef dit sal ’n opdraande stryd wees om ’n vliegtuigkaartjie as lid van die Springbok-span na die Wêreldbeker-toernooi te kry.

Maar Johann Muller sê as hy slegs ’n klein bydrae in die Bokke se Wêreldbeker-opmars kan lewer, sal dit vir hom alles die moeite werd wees.

“Dit sal ’n voorreg wees ... in hierdie stadium beskou ek my insluiting in die voorlopige Bok-groep net as ’n kans om dalk in nog ’n toets te speel.

“Ek moet erken dat ek baie verras was oor my insluiting,” sê hy.

Die 30-jarige Muller het die Bokke reeds in 23 toetse verteenwoordig, waarvan hy in een – teen die All Blacks – voor gedraf het. Hy was ook die Bok-kaptein in twee wedstryde teen die Barbarians.

Toe sy naam vandeesweek onverwags in die vergrote Bok-groep uitgelees is, het kenners dadelik gemeen dat Peter de Villiers ’n blaadjie uit Jake White se boek geneem het.

White het as Bok-breier in 2007 verras deur die deurwinterde Bob Skinstad hoofsaaklik danksy sy leierseienskappe en ervaring in sy finale Wêreldbeker-groep in te sluit.

Muller, ’n sterk leier wat in verskeie van sy 147 wedstryde vir die Sharks hul kaptein was, kan gevra word om vanjaar dieselfde taak as Skinstad te verrig in die Bokke se sogenaamde Wêreldbeker B-span. Hy was juis in 2007 ’n lid van daardie “B-span”.

“Dit sal ’n groot voorreg wees, maar ek dink ’n mens moet nie te veel daarin lees nie – dit is ’n groep van 49 spelers wat ander slotte van gehalte insluit.”

Hy sou op 1 Julie na Ierland terugkeer om hom weer by sy klubspan, Ulster, aan te sluit, maar onderhandelinge met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) kan daartoe lei dat hy bly.

En die kans is natuurlik ook nie uitgesluit nie dat hy nog in die Drienasies-reeks speelkans vir die Bokke kan kry.

“Ek geniet my rugby ongelooflik baie by Ulster. Ek het ondervind dat die Heinekenbeker-reeks net so taai, indien nie strawwer nie, as die Super Rugby-reeks is.

“Ek het die afgelope jaar by Ulster baie geleer en dit bly ’n reuse fisieke uitdaging om daar te speel.”

Muller kuier in Suid-Afrika en sal een van die Sharks se grootste ondersteuners in hul Super Rugby-kwarteindstryd môre in Nelson teen die Cru­saders wees.

“Kyk, mense sê dit beïnvloed jou nie, maar die lang reistog na Nelson moet ’n invloed op die Sharks-spelers hê. Ek het al verskeie kere daar gaan speel en dit is moeilik om daar te wen. Maar die Sharks het teen die Bulls gewys dat hulle ’n span met baie karakter is. As die Sharks dieselfde peil kan handhaaf, glo ek dié een kan deurgehak word.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.