Jardine en de Klerk kandidate vir GLRU-president
2009-07-21 10:50
Johannesburg – Neville Jardine, waarnemende president van die Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) sal te staan kom teen die voormalige Springbok-slot Kevin de Klerk wanneer die nuwe uitvoerende komitee van die GLRU aangekondig word.
Dié komitee word Maandag op ‘n spesiale algemene jaarlikse vergadering aangekondig.
Die nominasies vir die nuwe uitvoerende komitee is:
President: Kevin de Klerk, Neville Jardine
Onderhoof: Sampie Pienaar, Neville Jardine, Altmann
Allers
Adjunkhoof: Nico Swartz, Etienne Hoeksma, Smiley Smith,
Altmann Allers, Steve Prinsloo, Stephen Meintjes, Margie
Shackleford, Tony de Munnik, Sampie Pienaar, Ayanda Mjekula.
SAPA