Jaque verlore vir Stormers

2011-12-02 07:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Springbok-senter Jaque Fourie is verlore vir die Stormers en die Westelike Provinsie.

Die 28-jarige Fourie gaan volgens alle aanduidinge ’n reuse-aanbod in Japan aanvaar en hy sal nie aanstaande seisoen beskikbaar wees om vir die Stormers Super-rugby te speel nie.

Fourie speel vir die Panasonic-klub en die verwagting was dat hy einde Maart aanstaande jaar na die Kaap sou terugkeer om hom by die Stormers vir die Super-reeks aan te sluit.

Hy het egter glo ’n aanbod van nagenoeg R22 miljoen ontvang om nóg twee seisoene in Japan te bly.

Die Stormers kan hulle skielik aanstaande seisoen onder druk bevind omdat hulle reeds twee belowende senters, Johann Sadie en Tim Whitehead, aan onderskeidelik die Bulls en Sharks afgestaan het. En nou is Fourie óók vir hulle verlore.

Die WP het probeer om Sadie en Whitehead te behou, maar in die geval van Sadie was die Nuwelandse rugbybase nie bereid om soveel as die Blou Bulle vir hom te betaal nie.

Whitehead het sy tasse vir Durban gepak omdat hy onder andere met spelers soos Fourie, Jean de Villiers en Juan de Jongh om ’n plek moes meeding.

De Villiers en De Jongh lyk nou die Stormers se beste beskikbare senterpaar. ’n Besering aan enigeen van dié twee kan die Stormers in ’n benarde posisie laat.

Die gewese Sharks-senter Adrian Jacobs kan dalk nou deur die Stormers nader getrek word. Die jong JP du Plessis, wat verlede jaar in die Melbourne Rebels se groep was en vanjaar vir die WP se o.21-span gespeel het, is straks ’n keuse op buitesenter.

Die losskakel Peter Grant kan ook binnesenter speel, maar hy gaan waarskynlik eers weer van die einde van Maart af vir die Stormers beskikbaar wees. Hy speel ook tans in Japan.

Fourie se Wêreldbeker-spanmaats Fourie du Preez en Danie Rossouw sit ook hul loopbane in Japan voort.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.