Jaque Fourie pak tasse vir Japan
2011-10-24 14:13
Kaapstad – Die Springbok-senter Jaque Fourie het 'n kontrak geteken om tydens die afseisoen in Suid-Afrika, vir die Panasonic Wild Knights in Japan te speel.
Volgens die Rugby Week-webtuiste sal Fourie vanaf 1 November tot die einde van die Japannese seisoen vir die Wild Knights speel en toegelaat word om na Kaapstad terug te keer en vir die Stormers in die Super Rugby-reeks uit te draf.
Dit is dieselfde ooreenkoms wat die Stormers se losskakel Peter Grant met sy klub in Japan het.
Rob Wagner, WP Rugby se uitvoerende hoof, het vroeër vandeesmaand bevestig dat Fourie tydens die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland aanbiedinge uit die Ooste ontvang het.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24