Jantjes terug vir WP
2011-10-05 15:23
Kaapstad – Die WP se breier, Allister Coetzee, het sy span aangekondig wat Saterdag op Coca Cola-park in die Curriebeker-wedstryd teen die Goue Leeus uitdraf.
Conrad Jantjes vervang Heinrich Steyl, wat die res van die seisoen weens 'n gebreekte been sal misloop, in die nr. 15-trui terwyl Demetri Catrakilis die skopwerk by Lionel Cronje oorneem.
Dewaldt Duvenage (toon) sal kans gegun word tot Donderdag om sy fiksheid te bewys. Indien Duvenage nie Saterdag kan speel nie sal Nick Groom hom op skrumskakel vervang.
Afskoptyd Saterdag in Johannesburg is om 17:05.
So lyk die spanne:
Goue Leeus:
15 Jaco Taute, 14 Deon van Rensburg, 13 Doppies la Grange, 12 Alwyn Hollenbach, 11 Michael Killian, 10 Elton Jantjies, 9 Michael Bondesio, 8 Warren Whiteley, 7 Joshua Strauss (kaptein), 6 Derick Minnie, 5 Franco van der Merwe, 4 Michael Rhodes, 3 Patric Cilliers, 2 Bandise Maku, 1 JC Janse van Rensburg
Plaasvervangers: 16 Martin Bezuidenhout, 17 Jacobie Adriaanse, 18 David Bulbring, 19 Jaco Kriel, 20 Burton Francis, 21 Dylan des Fountain, 22 James Kamana
Westelike Provinsie:
15 Conrad Jantjes, 14 Danie Poolman, 13 Berton Klaasen, 12 Marcel Brache, 11 JJ Engelbrecht, 10 Demetri Catrakilis, 9 Dewaldt Duvenage/Nic Groom, 8 Nick Koster, 7 Siya Kolisi, 6 Nick Fenton-Wells, 5 De Kock Steenkamp, 4 Adriaan Fondse, 3 Brok Harris, 2 Tiaan Liebenberg (kaptein), 1 JC Kritzinger
Plaasvervagers: 16. Deon Fourie, 17. Frans Malherbe, 18. Hilton Lobberts, 19. Nizaam Carr, 20. Pieter Louw, 21. Nic Groom/Louis Schreuder, 22. Johann Sadie
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24