Ikeys is koning
2011-04-11 22:00
Pretoria - Die Varsitybeker sal in die Wes-Kaap bly, te danke aan die rugbyspan van die Universiteit van Kaapstad (Ikeys), wat die Universiteit van Pretoria (Tuks) op laasgenoemde se tuisveld met 26-16 verslaan het.
Die Ikeys is die eerste span buiten die Maties wat dié beker kon lig sedert die toernooi in 2008 ontstaan het.
Die besoekers het twee drieë gedruk teenoor die een van Tuks om dié taai eindstryd in ‘n stampvol LC de Villiers-stadion te wen.
Puntemakers:
Tuks (16): Drie – Jean du Plessis. Doelskop – Wesley Dunlop. Strafskoppe: Dunlop (3)
Ikeys (26) Drieë: Greg Mallet, Matt Page. Doelskoppe: Demetri Catrakilis (2). Strafskoppe: Catrakilis (3)
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA