'Hou Lambie op nr.10' – Van Straaten
2012-11-16 08:22
Kaapstad – Die voormalige Springbok-losskakel Braam van Straaten sê Patrick Lambie moet in die nr.10-trui bly vir Suid-Afrika se laaste twee toetse van hul Europese toer.
Lambie – wat laas naweek op losskakel uitgedraf het teen Ierland – sal Saterdag weer speelkans in die beginspan kry teen Skotland in Edinburg.
"Pat is 'n baie talentvolle speler. Hy sal goed doen, ongeag die posisie wat hy vir Suid-Afrika speel," het Van Straaten Donderdag aan Sport24 gesê.
"Maar as hy meer kanse op losskakel kry, sal hy wys waarvan hy gemaak is. Die nr.10-trui kan sy beste opsie wees."
Van Straaten, wat 21 toetse vir die Bokke gespeel het, slaan Johan Goosen hoog aan, maar glo dat Lambie vir eers as generaal ingespan moet word.
Heyneke Meyer se ander losskakel-opsies is Morné Steyn en Elton Jantjies.
Afskoptyd Saterdag is om 16:30.
Spanne:
Skotland:
15 Stuart Hogg, 14 Sean Lamont, 13 Nick de Luca, 12 Matt Scott, 11 Tim Visser, 10 Greig Laidlaw, 9 Mike Blair, 8 David Denton, 7 Kelly Brown (kaptein), 6 Alasdair Strokosch, 5 Jim Hamilton, 4 Richie Gray, 3 Euan Murray, 2 Ross Ford, 1 Ryan Grant
Plaasvervangers: 16 Dougie Hall, 17 Kyle Traynor, 18 Geoff Cross, 19 Alastair Kellock, 20 John Barclay, 21 Henry Pyrgos, 22 Ruaridh Jackson, 23 Peter Murchie
Suid-Afrika:
15 Zane Kirchner, 14 JP Pietersen, 13 Juan de Jongh, 12 Jean de Villiers (kaptein), 11 Francois Hougaard, 10 Pat Lambie, 9 Ruan Pienaar, 8 Duane Vermeulen, 7 Willem Alberts, 6 Francois Louw, 5 Juandré Kruger, 4 Eben Etzebeth, 3 Jannie du Plessis, 2 Adriaan Strauss, 1 Gurthrö Steenkamp
Plaasvervangers: 16. Schalk Brits, 17 Heinke van der Merwe, 18 CJ van der Linde, 19 Flip van der Merwe, 20 Marcell Coetzee, 21 Morné Steyn, 22 Jaco Taute, 23 Lwazi Mvovo
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24