Hollenbach glo Butch-er as wat mens dink

2011-10-21 10:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Mens sou beswaarlik verwag om ’n hol kol op die maag te kry as Alwyn Hollenbach op jou afstorm.

Maar volgens Robbie Fleck, agterlynafrigter van die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan, moet dié binnesenter van die Goue Leeus nie geringgeskat word nie.

Die Leeus-breier, John Mitchell, het vandeesweek verras toe hy Hollenbach ten koste van die Springbok Butch James in sy beginspan gekies het vir Saterdag se halfeindstryd in Johannesburg teen die WP.

“Dit verras my glad nie. Alwyn is die mees onderskatte speler in daardie ganse groep,” het Fleck gesê.

“Hy het 19 duikslae uitgevoer toe ons twee weke terug teen hulle pak gekry het – dit was die meeste van almal in sy span.

“Die Leeus maak ook op Alwyn staat om hulle voorwaartse momentum te gee.

“’n Binnesenter wat dit regkry, sit sy span op die voorvoet,” het die voormalige Bok-senter verduidelik.

Volgens Fleck moet James nou met twee van die beste Curriebeker-spelers vanjaar om ’n plek in die Leeus-span meeding.

“Elton Jantjies is na my mening die beste aanvallende losskakel in die reeks. En Alwyn is nie net ’n goeie baldraer nie, maar volgens dié statistiek ook ’n uitstekende verdediger.”

Fleck reken voorts Hollenbach pas in by die soort rugby wat spanne in uitklopwedstryde moet speel. “John Mitchell was (as All Black-afrigter) al in uitklop-situasies.

“Hy weet verdediging en akkuraatheid is kardinaal om sukses te behaal. Ek dink hulle sal by hul aanvallende benadering bly en net seker maak hulle is op die verdediging opgewasse vir ons.”

Oor sy eie senterpaar, Jean de Villiers en Jaque Fourie, sing Fleck ook lofliedere.

“Dit is altyd ’n lang debat om te besluit watter van ons drie Bok-senters (Juan de Jongh inkluis) moet begin. Ons twyfel egter nie oor hierdie week se wedstryd nie.

“Jaque was ongetwyfeld die beste senter in die Wêreldbeker-toernooi en is wat my betref die beste nr.13 in die wêreld.

“Jean is ons onderkaptein. Hoewel ons al drie gelyktydig op die veld sou wou hê, is JJ Engelbrecht ’n beter vleuel as enige van daardie drie,” het Fleck gesê.

Allister Coetzee, hoofafrigter van die WP, het vroeër vanjaar aan Sport24 gesê dit is ’n “sagte keuse” om een van die senters vleuel te laat speel en dat dit nie noodwendig vir ’n span goed is nie.

Dit lei geen twyfel dat Engelbrecht tans ’n beter vleuel as enige van die senters is nie. Maar is dieselfde ook vir Bryan Habana waar?

Sy Kaapse verblyf is onlangs met nóg drie jaar verleng – glo omdat sy huidige gebrekkige spelpeil nog deur sy inherente “klas” oorskadu word.

Uit ’n Kaapse oogpunt sal dit soos manna uit die hemel wees as Habana daardie “klas” sommer môre weer ten toon stel op die einste veld waar dit hom in 2004 welverdiend ’n Springbok gemaak het.

Intussen word die algemene indruk oor hom al hoe meer soos dié van Hollenbach.

Maar die WP sien duidelik ook in Habana iets raak wat ’n statistiese verduideliking verg.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i AT (E87)
2007
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.