Heyneke mag dalk jeug kies
2012-04-25 22:04
Pretoria – Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, het gesê hy mag dalk ‘n onervare span kies vir Engeland se opkomende toer in Junie.
Meyer het Woensdag gepraat by die tweede vier dae lange Springbok-beplanningskamp in Pretoria, waar spelers van die Bulls en die Sharks vandeesweek saamgetrek het as deel van voorbereidings voor die reeks van drie toetse.
Hy het gesê beserings aan sleutelspelers het hom gedwing om weer te dink oor sy planne vir die Springbok-span.
“Ek moet sê, toe ek begin het... die span wat ek gedink het waarskynlik sal begin, en ek het gesê ek sal almal ‘n regverdige kans gee, het baie verander,” het Meyer gesê.
“Soos ek gesê het, ek het gedink dit sou ‘n ervare span wees, om ons aan die gang te kry en om die kontinuïteit te behou, aangesien die ouens baie van die goed ken en die jonger spelers kan lei.
“Maar dit het nou verander en ek dink ons sal gaan vir ‘n jonger span as wat ek verwag het ons sal mee gaan.”
Die kampe, wat beplan word saam met die franchises se loslootjie-naweke tydens die Super Rugby-kompetisie, fokus op teoretiese beplanning en ‘n paar veldsessies.
Vyf-en-veertig spelers van die Bulls en die Sharks het by die tweede beplanningskamp aan die sessies deelgeneem.
- Volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA