Heyneke Meyer het ’n plan

2012-01-28 10:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Heyneke Meyer het ’n plan – hy wil alle spelers kans gee op ’n plek in die Springbok-span én hy wil op verskillende rugbyvlakke betrokke raak.

“Jy kan byvoorbeeld nie op Springbok-vlak eers begin span bou vir ’n Wêreldbeker nie. Dit moet op SuperRugby-vlak, Curriebeker-vlak en die laer vlakke gebeur,” het Meyer Vrydag in Kaapstad gesê nadat hy amptelik as Springbok-afrigter aangewys is.

“Dit is my roeping. Ek wil die nasie se afrigter wees, nie net die breier van ’n enkele provinsie nie.”

Toe hy gepols is oor watter speelstyl voortaan vir die Bokke sal geld, het hy geantwoord: “Jy kry wenrugby en dan kry jy verloorrugby. Ek glo aan wenrugby.

“Dis my werk om die span te laat wen en mense trots te maak. Ek sal ons sterk punte en die swak punte van ons teenstanders opweeg en daarvolgens vir elke wedstryd ’n plan uitwerk.

“Daar sal kritiek wees, maar uiteindelik gaan dit daaroor om wenrugby te speel.”

Meyer het in 2000 by die Blou Bulle begin en sy nalatenskap en die spankultuur wat daar gevestig is, spreek vanself.

Hy besef egter dat sy verantwoordelikheid nou verder strek.

“Ek sal met elke speler in Suid-Afrika gesels en hom leer ken. Almal sal op ’n gelyke voet begin en die spelers moet hulself nou bewys.”

Anders as sy twee voorgangers, Jake White en Peter de Villiers, is Meyer nie van plan om vroeg in sy pos al ’n Bok-kaptein aan te stel nie.

“Jy wil die beste span vir Suid- Afrika kies. Ek wil hê al die spelers moet ’n regverdige kans kry om hulle te bewys. Ek wil nie nou al ’n lang­termyn-kaptein aanwys nie,” het hy gesê.

Wat die volgende Wêreldbeker-toernooi, in 2015, betref, wil Meyer die koek bak voordat hy die kersie eet.

“As jy die regte strukture het, die regte spankultuur vestig en spelers kry wat hul lewe vir Suid-Afrika sal gee, sal die Wêreldbeker vir homself sorg.

“Elke liewe wedstryd wat die Springbokke speel, is belangrik en die doel is om elke wedstryd wat ons speel, te wen.

“Ek wil die Springbokke weer in die no. 1-posisie sien, waar ons hoort.”

Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), het benadruk dat Meyer nie kontrakbreuk met die Blou Bulle Maatskappy (BBM) gepleeg het nie.

“Heyneke het ’n vrystellingsklou­sule in sy kontrak uitgeoefen waarvolgens hy hul diens kon verlaat as die pos van Springbok-afrigter hom beskore sou wees,” het Roux gesê.

Daar was onsekerheid oor die kwessie nadat die BBM vandeesweek in ’n verklaring gesê het hy het ’n onderneming van Meyer om die pos van direkteur van rugby vir die volgende vier jaar te beklee.

Meyer het nou ’n kontrak van vier jaar met Saru beding.

Meyer het Vrydag op die mediakonferensie waar sy aanstelling eindelik aangekondig is heel eerste sy Skepper bedank.

Daarna was dit – op die verjaardag van sy middelseun, Heyneke – sy gesin se beurt.

Meyer het Vrydagmiddag teruggekeer Gauteng toe om by sy gesin te wees.

Hy was ewe dankbaar teenoor die Blou Bul-familie en Saru.

“Ek hoop nie ek stel Saru ooit teleur nie en waardeer al die ondersteuning,” het hy gesê.

“Die afgelope paar dae was ongelooflik en ek het opnuut besef wat rugby vir Suid-Afrikaners beteken.

“Ek wil elke Suid-Afrikaner se Bok-afrigter wees én die span vir hulle toeganklik maak.”

Sy SMS aan Bulle

Ek gaan more aangewys word as bokafrigter. Wil nie he julle moet dit in media hoor. Dit was ’n baie baie groot besluit. Gaan nie oor my maar oor die groter saak. Wil net baie baie dankie se wat jy in my lewe beteken het. Agv van die insette van my hele bestuurspan het dit vir my moontlik gemaak. Nie deur my eie toedoen. Wil julle almal hartlik bedank. Gaan julle geweldig mis. Veral die great tye. Baie baie dankie. Jammer as my besluit jou enigsins skade berokken. Was nooit my bedoeling. Wil net die beste vir julle die span en elke individi he. Dis totsiens maar nie vaarwel. Mag God julle hartlik seen. Trots om met julle geassosieer te wees. Once a bull always a bull. Groete. Heyneke meyer 

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: heyneke meyer  |  springbokke  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.