Henry sal Engelse rugby oorweeg
2011-10-27 14:38
Auckland – Die All Blacks se afrigter, Graham Henry, het gesê hy sal ‘n rol by die Engelse Rugbyunie oorweeg na hy Nieu-Seeland na die Wêreldbeker-kroon gelei het.
Henry se loopbaan het Sondag die toppunt bereik met die All Blacks se oorwinning teen die Franse in die Wêreldbeker-eindstyd op Eden Park.
“Natuurlik sal ek met die Engelse Rugbyunie gesels,” het Henry gesê. “Ek kan nie net niks doen nie.”
“Ek sal graag ander mense wil help.”
Henry was voorheen onder druk as afrigter van die All Blacks na ‘n teleurstellende Wêreldbeker-toernooi in 2007 en hy het gewaarsku kortsigtige afdankings hou gevare in.
“Te veel mense met waardevolle vermoëns word oor ‘n slegte wedstryd in die pad gesteek,” het Henry gesê.
Hy het die sokkerbreier Sir Alex Ferguson van Manchester United as ‘n voorbeeld gebruik om sy argument te staaf.
“Kyk na al die suksesvolle afrigters regoor die wêreld. Hulle is lank in die pos. Kyk na Sir Alex Ferguson."
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AFP