Hansen noem All Black-oefengroep
2012-05-14 08:45
Wellington – Die All Black-breier, Steve Hansen, het lojaal gebly aan verskeie spelers wat tans met hul spelpeil in die Super-reeks sukkel toe hy Maandag sy oefengroep van 35 spelers aangekondig het.
Die groep sluit 21 spelers van verlede jaar se Wêreldbeker-wenspan in en sal twee oefenkampe bywoon, voor die finale span op 3 Junie aangekondig word vir drie toetse teen Ierland.
Hansen het die All Blacks Piri Weepu en Ali Williams, wat vanjaar sukkel om indruk by die Blues te maak, ingesluit.
Die oefengroep sluit ook nuwe gesigte in. Ses spelers van verlede jaar se o.20-span wat die wêreldtitel gewen het, insluitend die kaptein Luke Whitelock, is in die groep opgeneem.
Verlede jaar se All Blacks wat nie die groep gehaal het nie, sluit in Zac Guildford, Hosea Gear, Jimmy Cowan (uitgetree), Jarrad Hoeata en Corey Flynn.
So lyk die Kiwi's se oefengroep:
Charlie Faumuina, Ma'a Nonu, Keven Mealamu, Piri Weepu, Ali Williams, Tony Woodcock; Sam Cane, Aaron Cruden, Richard Kahui, Tawera Kerr-Barlow, Brodie Retallick, Ben Tameifuna, Sonny Bill Williams; Beauden Barrett, Cory Jane, Julian Savea, Brad Shields, Conrad Smith, Victor Vito; Daniel Carter, Wyatt Crockett, Israel Dagg, Andy Ellis, Ben Franks, Owen Franks, Richie McCaw, Kieran Read, Luke Romano, Luke Whitelock, Samuel Whitelock; Tamati Ellison, Andrew Hore, Aaron Smith, Ben Smith, Adam Thomson. \
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24