Haaie veg terug teen begeesterde Pumas
2011-09-10 17:08
Durban – Die Haaie het Saterdag met 'n begeesterde Pumas-span te doen gekry in hulle Curriebeker-kragmeting in Durban, maar die Natallers het uiteindelik as die wenners uit die stryd getree.
Die eindtelling was 33-20, met die Haaie wat teen halftyd 14-17 agter was.
Puntemakers
Haaie
Drieë: Jacques Botes (2), Craig Burden, Jean Deysel, Anton Bresler
Doelskoppe: Frederick Michalak (4)
Pumas
Drieë: Coenie van Wyk (2)
Doelskoppe: Coenie Van Wyk (2)
Strafskoppe: Tiaan Marx, Coenie Van Wyk
– Volg Nuus24Sport op Twitter.
- Nuus24