Haaie se agt het té veel spiere

2011-10-29 09:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Jammer vir julle Leeus, maar dié feëverhaal gaan geen sprokieseinde hê nie.

Die Haaie gaan vanaand hier in die Leeukuil die derde keer in vier jaar die Curriebeker omhoog hou, om geen twyfel te laat nie dat hulle die voorste rugbyspan in die land is.

Die rede daarvoor is eenvoudig. Die sterbelaaide Haaie-agttal gaan die lewe uit die Leeus wurg.

Bismarck du Plessis, Willem Alberts, Jannie du Plessis, Beast Mtawarira, Jean Deysel en Ryan Kankowski sal die grondslag vir ’n Haaie-oorwinning lê.

Ja, daar word toegegee die Leeus het ’n baie goeie Curriebeker-seisoen beleef. Maar hulle het nog nie dié seisoen enduit teen ’n agttal soos die Haaie s’n gespeel nie.

Die een keer dat dit wél gebeur het, twee weke gelede in hul ligawedstryd in Durban, het die Rooibontes in daardie tweede helfte uitmekaar gespat toe die Bok-ysters op die veld verskyn het.

Goed, daar was nou wel daardie dag nie juis iets op die spel vir die Leeus nie, en hulle sal beslis vandag ’n roofdier van ’n ander kleur wees, maar die gemak waarmee die Haaie hulle voor oorheers het, moet tog betekenisvol wees.

Die Haaie besef ook die Leeus het genoeg aanvallende vermoëns en ken die pad doellyn toe om hulle nie die beweegruimte te gun wat hulle nodig het nie.

Daarom gaan die skroef vanuit die staanspoor aangedraai word om die lewe uit die tuisspan te wurg en só sy Beker-hoop nek om te draai. Die oomblik kan ook té groot vir die manne van die Goudstad wees. Hulle speel wel voor hul tuisskare, maar dit bring sy eiesoortige druk.

Moet ook nie vergeet van die “vloek” van die tuisvoordeel in die laaste vier eindstryde tussen dié spanne nie.

Daar is soveel rou emosie wat uitgestort word om die “arme” Leeus aan te hits tot ’n oorwinning, dat die grootsheid van die geleentheid hulle kan laat vries.

Waar ’n Curriebeker-eindstryd ’n vreemde gevoel vir die meeste van die Leeus is, het die Haaie die laaste paar jaar geleer wat dit verg om in daardie wedstryde die regte knoppies te druk.

Dié eindstryd-ervaring gaan teen die Leeus ook ’n faktor wees. Daar word ook baie gemaak van die Leeus se “honger” om ná soveel maer jare uiteindelik te kan smul aan sukses.

Moenie vergeet dat die Haaie met hul klomp Bokke net so “honger” is om sukses te behaal ná die teleurstelling van die Wêreldbeker-toernooi nie. Hoop van harte die Leeus-ondersteuners het al ’n plan bedink om die vonkelwyn-proppe wat omtrent al begin klap het, terug te kry in die bottels.

Leeus
15. Jaco Taute
14. Deon van Rensburg
13. Doppies la Grange
12. Alwyn Hollenbach
11. Michael Killian
10. Elton Jantjies
9. Michael Bondesio
8. Josh Strauss (k)
7. Michael Rhodes
6. Derick Minnie
5. Franco van der Merwe
4. Wikus van Heerden
3. Patric Cilliers
2. Bandise Maku
1. CJ van der Linde.

Plaasvervangers:
16. Martin Bezuidenhout
17. JC Janse van Rensburg/Jacobie Adriaanse
18. Warren Whiteley
19. Cobus Grobbelaar
20. Butch James
21. Dylan des Fountain
22. James Kamana.

Haaie
15. Patrick Lambie
14. Odwa Ndungane
13. Stefan Terblanche
12. Marius Joubert
11. JP Pietersen
10. Frederic Michalak
9. Conrad Hoffmann
8. Ryan Kankowski
7. Willem Alberts
6. Keegan Daniel (k)
5. Ross Skeate
4. Jean Deysel
3. Jannie du Plessis
2. Bismarck du Plessis
1. Tendai Mtawarira.
Plaasvervangers:
16. Craig Burden
17. Eugene van Staden
18. Alistair Hargreaves
19. Marcell Coetzee
20. Ross Cronjé
21. Adrian Jacobs
22. Lwazi Mvovo.

Beamptes

Skeidsregter: Mark Lawrence.
Assistent-skeidsregters: Stefan Breytenbach, Christie du Preez.
Afskop: 17:30.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
99 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.