Haaie kry versterkings
2012-09-20 07:30
Durban – Lwazi Mvovo en Craig Burden is albei in die Haaie se vyftiental opgeneem vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Goue Leeus op Coca-Colapark in Johannesburg nadat hulle vroeër deur die Springbokke vrygestel is.
Hulle vervang Rosko Specman en Pieter Dixon, wat albei uit die 22-tal weggelaat is, onderskeidelik op vleuel en haker.
Steven Sykes is ook terug in die beginspan nadat hy lank op die krukkelys was en sal in die nr. 4-trui uitdraf.
Paul Jordaan het twee weke gelede harsingskudding opgedoen in die wedstryd teen die Griekwas, maar sal op die plaasvervangerbank diens doen.
So lyk die span:
15 Louis Ludik, 14 Odwa Ndungane, 13 Tim Whitehead, 12 Meyer Bosman, 11 Lwazi Mvovo, 10 Riaan Viljoen, 9 Cobus Reinach, 8 Keegan Daniel (kaptein), 7 Jean Deysel, 6 Jacques Botes, 5 Anton Bresler, 4 Steven Sykes, 3 Wiehahn Herbst, 2 Craig Burden, 1 Dale Chadwick.
Plaasvervangers: 16 Monde Hadebe, 17 Julian Redelinghuys, 18 Jandre Marais, 19 Brynard Stander, 20 Charl McLeod, 21 Paul Jordaan, 22 S’bura Sithole.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA