Haaie kook teen Leeus
2010-08-07 18:54
Kaapstad - Die Haaie het vyf drieë gedruk om Saterdag met 48-19 in hul Curriebeker-kragmeting teen die Leeus op die Absa-stadion in Durban te seëvier.
Die Leeus het goed begin maar die Durbaniete se aanhoudende druk het uiteindelik die oorhand gehad.
Teen rustyd was die telling 18-16 in die guns van die tuisspan.
Die vleuel van die Haaie, Lwazi Mvovo, het met sy onderskepdrie in die 47ste minuut die krane oopgedraai.
Nog 'n onderskepdrie, die keer deur haker Craig Burden, het aan die tuisspan hul bonuspunt 'n paar minute later besorg.
Swak dissipline en onbenutte kanse in die tweede helfte het die wedstryd van die Leeus weggeneem.
Puntemakers:
Haaie: Drieë: Patrick Lambie, Jacques Botes, Lwazi Mvovo (2), Craig Burden Doelskoppe: Patrick Lambie (4) Strafskopppe: Patrick Lambie (5)
Leeus: Drieë: Deon van Rensburg Doelskoppe: Elton Jantjies Strafskoppe: Elton Jantjies (4)
Die Haaie se volgende kragmeting is teen die Luiperds in Rustenburg terwyl die Leeus die Cheetahs in Johannesburg pak.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24