Haaie behou senterpaar

2011-09-30 09:07
Tweets Share Share line Print

Die Haaie volhard met Marius Joubert en Meyer Bosman in die middelveld vir môre se Curriebeker-rugbywedstryd in Durban teen die Westelike Provinsie.

Nadat die afrigter, John Plumtree, verlede week daarop gesinspeel het dat hy Adrian Jacobs ’n kans in die beginspan teen die Streeptruie sou gee, het hy daarteen besluit voordat hy gistermiddag sy span bekend gemaak het.

Die Haaie het gister ’n stewige oefensessie gehad waartydens Plumtree die sweep hard geklap het.

Tog is dit verstommend dat daar nie aan die verbeeldinglose middelveld-kombinasie verander is nie. Joubert het nog glad nie aan die verwagtinge voldoen sedert hy hom by die Haaie aangesluit het nie en Jacobs moet wonder wat hý moet doen om ’n slag in ’n wedstryd vir die Durbaniete te begin.

Daar is net twee veranderinge aan die beginspan wat teen Griekwaland-Wes gespeel het.

Charl McLeod vervang Ross Cronjé op skrumskakel en dié blondekop is glad nie meer in die 22-tal nie. Conrad Hoffmann is nou die Haaie se skrumskakel op die plaasver­vangersbank.

Voorlangs keer Ross Skeate terug as slot in die plek van Alistair Hargreaves wat ook nie op die plaasvervangersbank kon plek kry nie.

Jan-André Marais is die slot tussen die plaasvervangers.

Louis Ludik, wat die res van die seisoen uit aksie is met ’n gebreekte voet, se plek as een van die plaasvervanger-agterspelers word deur Jacques-Louis Potgieter ingeneem.

Plumtree wil hê Skeate moet ’n vurige vertoning teen sy voormalige spanmaats lewer en sodoende ook help om die vuur in die tuisspan se agttal aan te steek. Om dít te vermag, sal Kyle Cooper ook moet voortbou op sy stewige spel teen Griekwas.

Hy is een speler wat kan help om die Haaie vorentoe te laat gaan, hoewel die Kapenaars se kaptein, Tiaan Liebenberg, en Deon Fourie, wat later opgestuur kan word, twee moeilike teenstanders op haker is.

McLeod se teenwoordigheid agter die skrum kan die Haaie ook meer woema gee. Hy het juis in verlede jaar se Curriebeker-eindstryd in Durban teen die einste WP ’n uitstaande vertoning gelewer en Plumtree sal op McLeod staatmaak om die agterlyn vinnig weg te stuur.

Die twee haastige vleuels, Lwazi Mvovo en Sibusiso Sithole, moet die bal met genoeg ruimte kry om skade aan te rig. Maar om dit te laat gebeur, moet dinge in die middelveld vlot en moet Bosman en Joubert met meer vloei en deurdringingsvermoë speel.

Die Haaie-span is:

Stefan Terblanche, Sibusiso Sithole, Marius Joubert, Meyer Bosman, Lwazi Mvovo, Frederic Michalak, Charl McLeod, Keegan Daniel (k), Jean Deysel, Jacques Botes, Ross Skeate, Anton Bresler, Eugene van Staden, Kyle Cooper, Dale Chadwick.

Plaasvervangers: Monde Hadebe, Wiehahn Herbst, Jan-André Marais, Marcell Coetzee, Conrad Hoffmann, Jacques-Louis Potgieter, Adrian Jacobs. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.