Groot slag vir Leeus voor hul GW pak

2010-07-21 10:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Leeus is reeds sonder Cobus Grobbelaar vir die Curriebeker-rugbyreeks, maar nou is hulle straks ook Wikus van Heerden vir die res van hul veldtog kwyt.

Van Heerden was die gunsteling om die Leeus in die afwesigheid van die beseerde Grobbelaar aan te voer, maar hy het ’n arm gebreek toe hy Saterdag vir 30 minute as plaasvervanger teen die Westelike Provinsie gespeel het.

Dit was sy eerste wedstryd terug­ nadat hy dieselfde arm vroeër gebreek het. Hy sal nie sommer voor Oktober weer speel nie.

Saterdag kom die Leeus in Kimberley teen Griekwas te staan, wat op hul tuisveld altyd ’n beduiwelde span is.

In 2010 het die Leeus talle van hul beste losvoorspelers verloor. Willem Alberts is vroeg vanjaar na die Haaie toe, Todd Clever het onlangs verkies om in Japan verder te gaan speel en nou is Grobbelaar en Van Heerden die nuutste verliese.

’n Reuse-taak rus nou op die ervare Franco van der Merwe se skouers as losvoorspeler en ook as kaptein, aangesien hy waarskynlik vir die res van die seisoen die span sal aanvoer.

Van der Merwe, Derick Minnie en Warren Whiteley behoort weer die lostrio teen Griekwas te wees.

Die stut JC Janse van Rensburg (enkelbesering) sal ook gemonitor word. Hy was van die min Leeus wat met eer uit die Nuweland-stryd getree het.

Boonop is stut nog ’n posisie waarin die Leeus onlangs armer geword het, met Heinke van der Merwe (Leinster) en Gert Muller (Agen) wat oorsee is.

Dit lyk ook of die Leeus se afrigter, John Mitchell, met Herkie Kruger as losskakel gaan volhard. Hoewel hy glad nie die enigste sondaar teen die WP was nie, was Kruger glad nie ’n faktor nie.

Mitchell het die belowende Elton Jantjes wel sowat 25 minute se speelkans gegee en hopelik kry hy nog blootstelling.

Griekwas sal dalk sonder die Springbok-vleuel Bjorn Basson (kniebesering) uitdraf, berig Gerdie Karstens.

Die Griekwas-span is:

Riaan Viljoen, Rocco Jansen, Wilmaure Louw, Barry Geel, Bjorn Basson/Richard Lawson, Naas Olivier (k), Sarel Pretorius, Leon Karemaker, Davon Raubenheimer, Wesley Wilkins, Cecil Kemp, Frikkie Spies, Jacobie Adriaanse, Rayno Barnes, Steph Roberts. PLAASVERVANGERS: Simon Westraadt, Albertus Buckle, Michael Passaportis/Gerhard Human/Rohan Kitshoff, Marnus Hugo, Matt Rosslee, Richard Lawson/Bertus Swanepoel.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24


Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: curriebeker  |  leeus  |  griekwas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Sirrion sê... Met so 'n naam kan jy net gaan boer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Landcruiser Prado 3.0 DT VX 4x4 8-s Dsl AT
2005
R 299,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 120,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.