'Groot Vyf' dreig om Superrugby te boikot

2012-02-12 07:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Suid-Afrika se vyf spanne in die Superrugbyreeks dreig om hulle aan dié reeks te onttrek.

Die Stormers, Bulls, Lions, Cheetahs en Sharks verklaar in ’n brief aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) hul eenparigheid om hulle aan die Superreeks te onttrek indien al vyf spanne nie in 2013 se reeks speel nie.

Dié dreigement volg op die bekragtiging van die Kings se deelname aan die 2013-reeks.

Die Southern Kings bestaan uit die drie rugbyunies in die Oos- en Suid-Kaap: Oostelike Provinsie, Grens en Suidwestelike Distrikte.

Die sogenaamde “Groot Vyf” het die afgelope week in Johannesburg vergader om “moontlike oplossings” te vind sodat die Kings, sowel as al vyf van hulle, in aanstaande jaar se Superreeks kan speel.

Saru het toestemming vir dié vergadering gegee nadat die vyf huidige Super-franchises dit versoek het tydens die jaarvergadering wat einde Januarie in Kaapstad gehou is. Die 14 provinsiale unies van Saru het op dié spesiale vergadering eenparig besluit die Kings moet van 2013 in die Superreeks speel.

Oregan Hoskins, Saru-president, het die Super-franchises se dreigement van onttrekking met skok en teleurstelling ontvang.

Hy het aan Rapport bevestig dat die “Groot Vyf” in hul skrywe aan hom gesê het as Sanzar, die liggaam wat die Superreeks namens Saru en die Australiese en Nieu-Seelandse rugbyunies bedryf, nie die kompetisie na 16 spanne vergroot sodat al ses Suid-Afrikaanse spanne kan deelneem nie, hulle nie aanstaande jaar in die Superreeks gaan speel nie.

Hoskins gaan die brief vandeesweek aan die ander nege rugbyunies stuur en “dit sal dan in die hande van al die unies wees om te besluit oor watter spanne in die Superreeks speel”.

Sanzar het ’n reuse-kontrak van nagenoeg R1 miljard met Rupert Murdoch se News Corporation vir die uitsaairegte van onder meer die Superreeks. Dié kontrak strek tot 2015.

Die “Groot Vyf” se dreigement kan tot groot konsternasie in Suid-Afrikaanse rugby lei omdat dit nie so eenvoudig is om die Super-reeks na 16 spanne uit te brei nie.

Eerstens moet Australië en Nieu-Seeland daartoe instem en dan moet News Corp. ook instem. ’n Nuwe formaat wat 16 spanne kan huisves, sal ook gevind moet word.

Die reeks is verlede jaar aangepas met die indeling van 15 spanne in drie groepe van vyf spanne elk.

Elke groep het uit die plaaslike spanne van die drie deelnemende lande – Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië – bestaan. ’n Bykomende span sal dié kompetisie-struktuur kelder.

* Die vyf huidige franchises se bedryfsregte vir hul spanne is net geldig tot die einde van vanjaar se kompetisie. Saru kan dus van volgende jaar af nuwe franchises skep.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

– Sport24
 

Lees meer oor: rugby  |  superrugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Attie sê... As die kern van Heyneke se Bokspan verniel word gaan ons sukkel teen die pommies.Bulls gaan erg sukkel teen die lions en Sharks. Wat se Naas vir die Bulls en Stoermers? Die reeks word nie in Mei maand gewen. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,000.00

CITROEN

C2 1.4i VTR 3-dr
2006
R 99,995.00

BMW

X5 xDRIVE30d DYNAMIC AT
2012
R 854,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.