Griekwas wen drieëfees teen Bulle
2011-10-08 17:06
Kimberley – Die Blou Bulle se kanse om die uitklopronde van vanjaar se Curriebeker te haal, lyk skraal nadat die Griekwas Saterdag net-net op GWK Park in Kimberley geseëvier het.
Die Poubloues het met 48-44 gewen nadat hulle rustyd 27-22 voor was. Die spanne het beurte gemaak om agter die doellyn te gaan kuier en altesaam 12 drieë is in die kragmeting gedruk.
Puntemakers:
Griekwas:
Drieë: Rudi Vogt, Rocco Jansen (2), Dusty Noble, Matthew Rosslee (2) Doelskoppe: Rudi Vogt (6) Strafskoppe: Rudi Vogt (2)
Bulle:
Drieë: Bjorn Basson (2), Akona Ndungane, Jano Vermaak, Jacques Potgieter (2) Doelskoppe: Louis Fouche (4) Strafskoppe: Louis Fouche Skepskop: Fouche
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24