Griekwas sonder staatmaker wat pa word

2011-09-07 10:00
Tweets Share Share line Print

Kimberley – Die Griekwas-rugbyspan sal Vrydag in Johannesburg sy Curriebeker-kragmeting met die Goue Leeus sonder een van sy groot staatmakers, Riaan Viljoen, moet klaarkom.

Viljoen is verlof gegee om by sy vrou, Nicola, te wees wat binnekort aan hul eersteling die lewe skenk.

Dié veelsydige Springbok het verlede Saterdag in Kimberley as losskakel in sy span se nederlaag van 35-41 teen die Westelike Provinsie diens gedoen.

Hy het ook vanjaar as heelagter en vleuel in die Curriebeker-reeks vir die Poubloues uitgedraf.

Die besoekers sal ook sonder hul twee eerstekeuse-senters teen die Rooibontes moet klaarkom. Jean Stemmet het sy arm teen die WP beseer en sal waarskynlik nie oorweeg word nie.

Die binnesenter Barry Geel, wat nie teen die Streeptruie in aksie was nie, het ’n harde stamp teen die kop in sy span se kragmeting met die Vrystaat-Cheetahs opgedoen en sal waarskynlik ook nie kan speel nie.

“Dit lyk nie of Jean reg vir Vrydag se wedstryd sal wees nie, hoewel hy baie graag wil speel,” het Abré Minnie, afrigter van Griekwas gesê.

Die Leeus is die voorloper-span op die Curriebeker-puntelys en boonop op volsterkte teen die Poubloues.

Griekwas het vroeër vanjaar op sy tuisveld in Kimberley met 11-49 teen die Rooibontes die onderspit gedelf.

“Die Leeus is die voorste span in die reeks. Hulle kan hul sterkste span kies en is die gunstelinge vir die kragmeting. Die druk is dus op hulle. Ons gaan nie ekstra druk op ons plaas deur te dink ons het ’n appeltjie met hulle te skil ná ons nederlaag vroeër vanjaar nie,” het Minnie gesê.

“Ons het ons doelwitte wat ons wil bereik in die wedstryd en ons fokus net op dit,” het Minnie gesê.

Die enkelbesering van die losvoorspeler Davon Raubenheimer wek ook kommer.

Die Springbok het twee drieë teen die Westelike Provinsie gedruk en is een van die Poubloues se sleutelspelers voorlangs vir die stryd in die Goudstad.

Die slot Martin Muller se beskikbaarheid moet ook nog bevestig word. Hy sukkel met ’n maagspier-besering.

Pieter Jordaan berig dat Josh Strauss ná sy besering weer die Leeus se kapteinskap oorneem.

Dié besluit is geneem selfs al is die gereelde kaptein, Doppies la Grange, ook terug in die beginspan.

Benewens dié tweetal se terugkeer is die span verder versterk met die insluiting van Derick Minnie as flank.

Minnie is ook weens ’n besering ’n blaaskans vir sy span se wedstryd teen die Pumas gegee.

Die mees opspraakwekkende insluiting is dié van James Kamana as een van die plaasvervangers.

Kamana, ’n opwindende Nieu-Seelandse agterspeler wat hom vanjaar by die Leeus aangesluit het, het sy been op 9 April gebreek toe hy vir die Lions in die Super Rugby-reeks teen die Sharks gespeel het.

Die Goue Leeus se span is: Jaco Taute, Deon van Rensburg, Doppies la Grange, Alwyn Hollenbach, Michael Killian, Elton Jantjies, Michael Bondesio, Josh Strauss (k), Derick Minnie, Cobus Grobbelaar, Franco van der Merwe, Wikus van Heerden, Patric Cilliers, Bandise Maku, JC Janse van Rensburg.

PLAASVERVANGERS: Martin Bezuidenhout, Jacobie Adriaanse, Joe Snyman, Michael Rhodes, Warren Whiteley, Burton Francis, James Kamana.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.