Griekwas reg om Cheetahs aan te vat

2011-10-13 10:40
Tweets Share Share line Print

Kimberley – Of dit nou kopspeletjies is en of die beseringspook werklik besluit het dit is nou die Vrystaat-Cheetahs se beurt, skeel Griekwas min in die aanloop tot dié spanne se Curriebeker-kragmeting Saterdag in Bloemfontein.

Die Vrystaters loop behoorlik onder beserings aan sleutelspelers deur en hul spanbestuur het tot gister nog veral getob oor wie losskakel gaan speel in dié belangrike buurstryd.

Griekwas ondervind nie dieselfde probleme nie en sy afrigter, Abré Minnie, het gister sonder om draaie te loop ’n onveranderde span vir die Poubloues se besoek aan die Rosestad aangekondig.

Nadat die Noord-Kapenaars die Blou Bulle verlede naweek geklop het, was daar in elk geval min ruimte vir verbetering wat die spankeuse betref.

“Ons fokus net op dit wat dié naweek van ons verwag word en steur ons nie aan wat in Bloemfontein aan die gebeur is nie,” het Minnie gister gesê.

En aan die wyse waarop die Poubloues gister geoefen het, is dit duidelik dat hulle sommer met die intrapslag hul voet op Vrystaat se gorrel wil kry – en dit daar hou.

Griekwas het alles op die oefenveld uitgehaal ter voorbereiding vir dit wat in Bloemfontein op hulle mag wag.

“Die span wat teen die Blou Bulle gespeel het, het uitstekend gevaar. Hy was baie suksesvol in die uitvoer van die wedstrydplan.

“Daarbenewens is almal wat gespeel het fiks en beskikbaar. Dit is lekker om vir ’n slag sonder beseerdes vir ’n wedstryd voor te berei,” het Minnie gesê.

Die Vrystaat mik na vyf ligapunte omdat dit ’n tuis-halfeindstryd vir hom sal verseker.

En hoewel die Poubloues wiskundig steeds ’n buitekans het om die halfeindronde te haal, is vyf punte nie die alfa en die omega vir die besoekers nie.

“Ons wil die seisoen op ’n hoogtepunt afsluit en mik na ’n sege. As ons in die proses vyf punte opraap, sal dit net ’n bonus wees,” het Minnie gesê.

George Earle, leenspeler van die Leeus, sal maar die tweede keer op slot vir die Poubloues opdraf. Hy het teen die Bulle goed met Hendrik Roodt gekombineer en kan selfs ’n kontrak by Griekwas losslaan as hy teen die Vrystaat indruk maak.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: griekwas  |  cheetahs  |  curriebeker  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.