Griekwas moet nóú bonuspunt-droogte breek

2010-07-27 09:17
Tweets Share Share line Print

Kimberley - As die Griekwas-rugbyspan aan die einde van die Curriebeker-reeks se groepfase genoeg ligapunte in die sakkie wil hê, sal die Poubloues vinnig en skielik hul bonuspunt-droogte moet afskud.

Die Noord-Kapenaars het sedert die aanvang van vanjaar se reeks nog net twee bonuspunte verwerf, waarvan net een vir vier of meer drieë in ’n wedstryd.

Griekwas het in hul eerste wedstryd – teen die Haaie – vyf drieë vir die bonuspunt-sege ingeryg, en dit met nog ’n bonuspunt vir ’n nederlaag met sewe punte of minder teen die Vrystaat-Cheetahs opgevolg.

En hoewel die Noord-Kapenaars Saterdag hier op GWK-park teen die Leeus weer op dreef gekom het, moes hulle en hul afrigter, Dawie Theron, met die minimum van vier punte vir ’n oorwinning tevrede wees.

Griekwas kon net twee drieë teen die Rooibontes druk, hoewel daar verskeie geleenthede was om ’n bonuspunt te verseker.

“Griekwas word lankal nie meer deur enige ander Curriebeker-span as ’n buiteperd vir seges beskou nie. Derhalwe berei ons teenstanders hulself noukeurig voor vir kragmetings en is hul verdedigingspatrone soveel beter. Dit maak dit aansienlik moeiliker om drieë te druk,” het Theron gister gesê.

Hy erken dat Griekwas teen die Leeus wel verskeie drieë deur hul vingers laat glip het.

“Ons het in ons video-sessie gesien hoeveel kanse daar was om nog meer drieë te druk.

“Ons afronding was steeds nie wat dit kan wees nie en sal moet aandag kry.”

Griekwas pak die Luiperds Vrydag in Potchefstroom en die besoekers sal beslis daarop uit wees om minstens vier punte teen die Noordwesters te verwerf.

Die Luiperds is altyd taai teenstanders op hul tuisveld en sal Griekwas oudergewoonte deeglik beproef.

“Daar is nie iets soos ’n maklike wedstryd in Curriebeker-rugby nie. Die Luiperds gaan ons beslis in hul visier hê. Ons sal op die dag honderd persent gefokus moet wees,” het Theron gesê.

Intussen heers kommer oor die beskikbaarheid van die Griekwas-agtsteman Leon Karemaker (enkelbesering) vir die Luiperds-stryd.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: curriebeker  |  rugby  |  griekwas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Coenster sê... Ek stem een honderd persent saam. Ons moet in elk geval hierdie jaar ten minste die Vodacom beker en die Currie beker B-Afdeling wen om enigsins moed te skep vir volgende jaar. Al wat ek Kan sê nog is sterkte KINGS !! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2002
R 49,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY96
1999
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.