Goue Leeus en borge Dinsdag byeen

2011-07-03 11:29
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) vergader Dinsdag met hul borge in die lig van beweringe in verband met dié unie se bankrotskap en wanadministrasie die afgelope week.

Kevin de Klerk, president van die GLRU, het Saterdag aan Sport24 gesê die Leeus het niks om weg te steek nie en ontken dat hulle bankrot is.

Hy het ook beweringe van wanadministrasie verwerp.

Die sakeman Robert Gumede van die Guma-groep, en sy vennoot, Ivor Ichikowitz van die wapenvervaardigingsmaatskappy Paramount, het die afgelope week beweer die GLRU het skuld van etlike miljoene rande en dat die unie se administrasie deurmekaar is.

Gumede en Ichikowitz het einde verlede jaar ’n aandeel van 49,9% in die Leeus bekom, maar die afgelope week dié vennootskap met die GLRU beëindig omdat hulle ongelukkig is oor die wyse waarop die Gautengers hul sake bestuur.

Volgens Gumede het sy maatskappy eiehandig borgskappe van nagenoeg R100 miljoen vir die Leeus verkry.

Gumede het Vrydag op ’n perskonferensie gesê hy is nie seker of die borge wat hulle vir die Leeus bekom het, voortaan nog by die unie betrokke wil wees nie noudat die vennootskap tussen hom en die Leeus tot ’n einde gekom het.

De Klerk het by navraag aan Sport24 gesê die Leeus het geldige kontrakte met hul borge wat nie sonder meer opgeskort kan word nie.

“Ons (die GLRU) vergader Dinsdag met al ons borge en sal dan al hul moontlike vrae beantwoord.

“Ek gaan nie in die openbaar op Gumede se beweringe reageer nie. Dis nie die regte verhoog nie.

“Die Leeus het niks om weg te steek nie en ek verwerp enige aantygings van wanadministrasie.

“Die GLRU is ook nie bankrot nie en ons sal, soos altyd, oorleef,” het De Klerk gesê.

Intussen is die GLRU reeds in onderhandelinge gewikkel met ’n potensiële nuwe sakevennoot.

Die unie wou egter nie sê wie dit is nie, maar is vol vertroue dat hulle eersdaags ’n nuwe vennootskap-ooreenkoms sal kan aankondig.

Die GLRU het ook sy verbintenis tot transformasie bevestig en gesê die afgelope week se verwikkelinge sal niks verander aan die unie se visie om te transformeer nie.

- Rapport

Lees meer oor: goue leeus  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.