Geen meer sissieskrums vir o.20’s

2012-01-18 10:00
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch – Sak, Sarel!

Onbetwiste oftewel “sissieskrums” in die Internasionale Rugbyraad (IRR) se Junior Wêreldtoernooi is danksy ’n voorstel uit plaaslike geledere iets van die verlede.

Dié o.20-toernooi vind van 4 tot 22 Junie hier plaas.

Die Suid-Afrikaanse o.20-afrigter, Dawie Theron, het gister gesê die IRR het drie van sy voorstelle vir dié toernooi gunstig aanvaar, waaronder die gebruik van 23 – pleks van 22 spelers per wedstryd.

“Ek en Mervin Green van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie was albei by die IRR se vergadering in Italië waar ons drie voorstelle ingedien het.

“Eerstens dat die rustydperk tussen wedstryde van drie tot minstens vier dae verleng word. Drie is heeltemal te min met ’n groep van 26 spelers.

“Tweedens het ons gevra waarom ons nie 23 spelers kan gebruik ten einde onbetwiste skrums uit te skakel nie.

“En derdens is ons groepgrootte van 26 tot 28 spelers verhoog. Ons is regtig gelukkig dat daar op ál die voorstelle ag geslaan is,” het Theron aan Sport24 gesê.

Die toegewing om ’n 23ste speler – ’n voorry-spesialis – te kies, maak Theron as ’n voormalige Springbok-stut baie gelukkig.

En die ekstra rusdag selfs meer só.

“Drie rusdae is regtig te min. Hoewel dit steeds tussen die drie groepwedstryde gaan geld, kry jy nóg ’n dag by as jy in die halfeindronde speel,” het Theron gesê.

Die 28 spelers maak dit ook heelwat makliker om hulle individueel te bestuur.

Volgens Theron was dit voorheen ook ’n logistieke kopseer wanneer buitelandse spanne beseerde spelers wou vervang.

“Ek moet nog besluit hoe ek die 28 gaan saamstel, maar daar sal ’n verdeling van 15-13 of 16-12 ten gunste van voorspelers wees.”

Die span speel Saterdag om 16:30 in Kaapstad teen die Ikeys.

Die Kaapse senter Pat Howard is gister vir nasionale diens opgeroep nadat Kobus van Wyk ’n spier in sy rug gerek het.

Die skrumskakel Vian van der Walt het enkelligamente geskeur.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.