Gatland gee Henson Sesnasies-kans
2012-01-19 12:01
Cardiff – Wallis het die name van 35 spelers vir vanjaar se Sesnasies-reeks bekendgemaak met die binnesenter Gavin Henson en heelagter Lee Byrne wat ook by dié oefengroep ingesluit is.
Warren Gatland, die Drake se breier, het slegs vier spelers ingesluit wat nie deel was van verlede jaar se Wêreldbeker-oefengroep nie.
Die Sesnasies skop af op 4 Februarie.
Wallis se oefengroep:
Agterspelers: Mike Phillips, Lloyd Williams, Rhys Webb, Rhys Priestland, James Hook, Jamie Roberts, Jonathan Davies, Scott Williams, Gavin Henson, Ashley Beck, George North, Leigh Halfpenny, Alex Cuthbert, Harry Robinson, Liam Williams, Lee Byrne.
Voorspelers: Craig Mitchell, Adam Jones, Ryan Bevington, Gethin Jenkins, Paul James, Rhys Gill, Rhodri Jones, Matthew Rees, Huw Bennett, Ken Owens, Bradley Davies, Ian Evans, Lou Reed, Ryan Jones, Dan Lydiate, Sam Warburton (kaptein), Justin Tipuric, Toby Faletau, Andy Powell.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24