Gary lei Blou Bulle
2010-07-06 16:00
Johannesburg - Die ervare haker Gary Botha is terug om die Blou Bulle te lei in die span se eerste Curriebeker-wedstryd Saterdag teen die Pumas op Loftus Versfeld.
Botha was kaptein van die Blou Bulle in 2006 toe hulle in die Curriebeker-eindstryd gelykop gespeel het teen die Vrystaat Cheetahs.
Hy is een van drie Springbokke in die Blou Bulle se beginspan. Flip van der Merwe en Jaco van der Westuyzen is die twee ander Springbokke.
Springbok-haker, Bandise Maku, is op die plaasvervangersbank.
Die Blou Bulle se breier Frans Ludeke het gesê sy span verwag om teen 'n vurige Puma-span te staan te kom en sal slaggereed wees vir die kragmeting.
"Die Pumas het in die Vodacombeker en in die vriendskaplike wedstryd teen die Leeus bewys hulle is 'n goed geoliede masjien," het Ludeke tydens die spanaankondiging gesê.
Blou Bulle:
Jaco van der Westhuyzen, Gerhard van den Heever, Stephan Dippenaar, Stefan Watermeyer, John Mametsa, Jacques-Louis Potgieter, Ruan Snyman, Gerrit-Jan van Velze, Derick Kun, Deon Stegmann, Fudge Mabeta, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Gary Botha (kaptein), Dean Greyling.
Plaasvervangers: Bandise Maku, Bees Roux, Juandre Kruger, CJ Stander, Danie Faasen, Francois Brummer, Hayden Groepes