Gary Botha wil weer vir Bokke haak

2011-01-20 08:35
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die ekstra derby-wedstryde tussen die vyf Suid-Afrikaanse spanne in vanjaar se Super Rugby-reeks gaan wel nuwe eise aan spelers en afrigters stel, maar daar is ook ’n byvoordeel, glo die Bulls-haker, Gary Botha.

Dié wedstryde kan aan aanspraakmakers op die Bok-trui, waarvan Botha een is, ’n ekstra kans gee om teen direkte teenstanders in betrokke posisies gemeet te word.

Daar is steeds agt Springbok-hakers in aksie op die hoogste vlak, met Botha en Chiliboy Ralepelle wat onderling sake by die Bulls sal uitspook, soos John Smit en Bismarck du Plessis by die Sharks.

Adriaan Strauss (Cheetahs), Bandise Maku (Lions) en Tiaan Liebenberg (Stormers) kan weekliks saam met Schalk Brits (Saracens) ook hul name in die hoed gooi.

“Dit sal nie net oor daardie naweke gaan wanneer jy teen ander Bokke speel nie, maar ook wanneer jy deur die bestes in Nieu-Seeland en Australië gemeet word,” het Botha aan Sport24 gesê.

“Ek dink dit sal eerder die speler wees wat 16, 17 weke goeie rugby gaan speel, wat deur die keurders Wêreldbeker toe geneem sal word. So, bestendigheid behoort ’n mens die regmerkie te gee.”

Botha het in 2007 laas vir die Springbokke gespeel. Dit was teen Tonga in Lens tydens die Bokke se Wêreldbeker-segetog daardie jaar.

Intussen het baie water in die see geloop.

Botha is Engeland toe, waar hy sy gewig by die Premierligaklub Harlequins gegooi het. Hy het in 40 wedstryde vir die klub in dié liga en in die Heinekenbeker-reeks uitgedraf voordat hy in September 2009 weer by die Bulls aangesluit het.

Jake White is deur Peter de Villiers vervang en dié breier het benewens Smit, Du Plessis en Ralepelle, ook speelkans aan Brits, Strauss en Maku gegee.

Dit bring die getal Springbokhakers wat steeds op topvlak rugby speel, op agt te staan.

Dit is nie ’n geheim nie dat Botha se puik spel verlede seisoen wel die die nasionale keurders beïndruk het, maar ’n enkelbesering in die laaste gedeelte van die seisoen het hom van verdere deelname ontsê en hy kon nie vir die November-toer na Ierland, Wallis, Skotland en Engeland oorweeg word nie.

Om weer die Groen-en-Goud oor die kop te trek, bly ’n magiese aantrekkingskrag, erken hy.

“Niks sal my groter vreugde verskaf as om weer vir die Bokke uit te draf nie.

“Maar al my fokus en aandag is eers op die Bulls en my bydrae wat ek hier kan lewer,” het Botha gesê.

Sy bydrae in die Bulls se skrumwerk was gister weer opvallend toe die voorspelers onder die wakende oog van die skrumkonsuktant, Balie Swart, ’n hele paar skrums deurgewerk het.

Die Bulls-breier, Frans Ludeke, het juis die skrums uitgelig as een afdeling waar sy span vanjaar weer ’n voordeel oor sy teenstanders wil bewerkstellig. Met Botha daar is die stryd halfpad gewonne.

* Du Plessis het tot dusver die meeste onder De Villiers op haker uitgedraf, gevolg deur Smit, wat natuurlik in die 2009-seisoen hoofsaaklik vaskopstut gespeel het.

Brits is nog nie weer oorweeg sedert hy oorsee is nie en Strauss, Ralepelle en Maku het hoofsaaklik weens beserings aan Smit en Du Plessis speelkans gekry.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

neels.swart.7 sê... Ek glo jou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.