Franse speler uit WB-groep geskop
2011-08-04 13:35
Kaapstad – Frankryk se veelsydige agterspeler Yoann Huget is uit die Hane se Wêreldbeker-groep geskop nadat hy nie die vereistes vir opkikkertoetse nagekom het nie, het die president van die Franse rugbyunie (FFR), Pierre Camou, Donderdag aangekondig.
Camou het tydens 'n perskonferensie gesê Frankryk se beheerliggaam teen opkikkers (AFLD) het die FFR in kennis gestel dat Huget drie waarskuwings ontvang het omdat hy nie beskikbaar was om getoets te word nie.
"Die feit dat hy verban is het met die reëls te doen en niks met 'n verbode middel self nie," het Camou verduidelik.
Die Hane se afrigter, Marc Lievremont, het aan AFP gesê dat Huget nie onmiddelik vervang sal word nie.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24
- Sapa - AFP