Frans draf voor uit vir Haaie
2013-02-06 07:40
Johannesburg – Die veelsydige Springbok Frans Steyn sal Vrydag voor uitdraf wanneer die Haaie in Pietermaritzburg teen die Luiperds te staan kom vir 'n oefenwedstryd, het Sport24 berig.
John Plumtree, die Haaie-afrigter het met dié keuse ’n duidelike aanduiding gegee van die belangrike rol wat Steyn vanjaar in die Superrugby-reeks gaan vertolk.
Steyn is bó ander ervare spelers soos Jacques Botes en Jean Deysel gekies.
Die gereelde kaptein, Keegan Daniel, is een van die plaasvervangers, maar Plumtree het steeds ’n baie sterk span teen die Noordwesters gekies.
Só lyk die Haaie-span:
Riaan Viljoen, Odwa Ndungane, Tim Whitehead, Frans Steyn (kaptein), Lwazi Mvovo, Patrick Lambie, Charl McLeod, Lubabalo Mthembu, Jean Deysel, Jacques Botes, Franco van der Merwe, Pieter-Steph du Toit, Wiehahn Herbst, Kyle Cooper, Allan Dell.
Plaasvervangers: Craig Burden, Tendai Mtawarira, Jandré Marais, Anton Bresler, Keegan Daniel, Cobus Reinach, Meyer Bosman, Paul Jordaan, Louis Ludik.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24Sport op Twitter.