Frankryk-slot terug vir stryd teen Poemas
2012-11-16 09:21
Kaapstad – Die slot Yoann Maestri is Frankryk se enigste verandering vir Saterdag se toets teen Argentinië in Lille.
Maestri moes verlede naweek op die vooraand van die Hane se oorwinning van 33-6 oor die Wallabies, weens 'n besering onttrek.
Hy is egter fiks verklaar om teen die Poemas uit draf en sal Jocelino Suta in die nr. 5-trui vervang.
Afskop Saterdag is om 22:00 Suid-Afrikaanse tyd.
So lyk die span:
15 Brice Dulin, 14 Wesley Fofana, 13 Florian Fritz, 12 Maxime Mermoz, 11 Vincent Clerc, 10 Frederic Michalak, 9 Maxime Machenaud, 8 Louis Picamoles, 7 Fulgence Ouedraogo, 6 Yannick Nyanga, 5 Yoann Maestri, 4 Pascal Pape (kaptein), 3 Nicolas Mas, 2 Dimitri Szarzewski, 1 Yannick Forestier
Plaasvervangers: 16 Benjamin Kayser, 17 Thomas Domingo, 18 Vincent Debaty, 19 Jocelino Suta, 20 Damien Chouly, 21 Morgan Parra, 22 François Trinh-Duc, 23 Yoann Huget.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Keo