Flou Bulle ‘gevaarliker as hul voorgangers’

2011-09-14 08:02
Tweets Share Share line Print

Curriebeker-ligaposisies raak irrelevant wanneer die Westelike Provinsie en Blou Bulle teen mekaar rugby speel.

Die Kapenaars lê tans tweede, terwyl die Blou Bulle heel ongewoon in die sesde posisie om ’n halfeindplek spartel.

Maar Robbie Fleck, agterlynbreier van die Streeptruie, sê Saterdag se koppestamp op Loftus Versfeld bly vir albei spanne die grootste wedstryd van die seisoen.

Dié oud-Springbok meen ’n wedstryd nou teen die Bulle verg ’n heel ander soort voorbereidingsweek as selfs so kort as ’n jaar gelede.

Nes die WP is die Bulle tans op soek na ’n meer dinamiese ingesteldheid op die aanval en volgens Fleck maak dit hulle selfs gevaarliker as voorheen.

Die WP het dit al redelik onder die knie en het Saterdag teen die Luiperds soms selfs te stuitig probeer wees.

Die Bulle verduur hewige kritiek oor hul soeke na iets anders as ’n skop-en-jaag-taktiek nog nie met oorwinnings gepaardgaan nie.

“Die huidige rugbyreëls bevoordeel spanne wat aanvallend ingestel is en dit is waarna die Bulle op soek is – selfs al sê die puntelys nie so nie. Die dag wanneer daardie ding vir hulle afkom, is daar perde. Hoewel ons goeie seges oor Griekwas en die Luiperds behaal het, het nie een van hulle die aantal gehalte-spelers wat die Bulle het nie. Wat nog te sê van Springbokke,” het Fleck gesê.

“Hulle val nou ’n kanaal of twee wyer aan. Dit beteken ons laksheid op die verdediging van die afgelope twee naweke in die middelveld moet Saterdag tot die verlede behoort.”

Dit is iets wat die Haaie en Vrystaat die afgelope twee naweke teen die Bulle besef het.

Die Haaie het nogtans gewen. Maar die opwindende Jong Bokkie-binnesenter Francois Venter se drie vir die Bulle in die 73ste minuut teen die Vrystaat het die pad vir ’n onverwagse gelykop-uitslag in Bloemfontein gebaan.

“Die Haaie het sowat 200 duikslae gemaak en die Vrystaat in die omgewing van 170. Die Bulle moes maar iets soos 60 duikslae uitvoer,” het Fleck gesê.

“As jy hul nuwe ingesteldheid ligtelik gaan opneem, gaan hulle jou agterlangs verwoes. Dít wil ons nie hê nie, want hoewel ons self meer dinamies op die aanval probeer wees, is ons verdediging steeds ons trots.”

Fleck het bygevoeg dat die WP se hooffokus teen die Bulle nog soos van ouds is – om psigies gereed te wees vir ’n uiters fisieke aanslag. “Selfs al het hul benadering op die aanval verander, is hul primêre ingesteldheid steeds om spanne fisiek te oordonder.

“Daarom verg ’n week teen die Bulle nou baie meer van ons as voorheen.” 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.