Farrel begin op losskakel teen All Blacks
2012-11-29 15:15
Londen – Owen Farrell sal op losskakel uitdraf vir Engeland in hul finale toets van 2012 teen Nieu-Seeland.
Die wedstryd vind Saterdag op Twickenham plaas.
Farrell, wat as een van die Internasionale Rugbyraad (IRR) se Spelers van die Jaar benoem is, vervang die beseerde Toby Flood in die enigste verandering aan die beginspan wat teen die Springbokke verloor het.
Flood se besering beteken ook dat 22-jarige Freddie Burns op die plaasvervangerbank sal wees. Die Gloucester-losskakel sal sy debuut maak as hy benodig word, het Sky Sports berig.
Die enigste ander verandering aan die 23-tal is Courtney Lawes se terugkeer ná 'n besering, wat beteken dat hy Mouritz Botha as die plaasvervanger-slot vervang.
“Ons het verlede week vir ‘n groot poging van die manne gevra ná die nederlaag teen Australië en ons het een teen Suid-Afrika gekry, al het ons op die ou end verloor,” het die afrigter, Stuart Lancaster, gesê.
“Die hele span is vasbeslote om ‘n oorwinning teen die beste span in die wêreld te kry,” het hy bygevoeg.
Engeland se span lyk so:
15. Alex Goode, 14. Chris Ashton, 13. Manusamoa Tuilagi, 12. Brad Barritt, Mike Brown, 10. Owen Farrell, 9. Ben Youngs, 8. Ben Morgan, 7. Chris Robshaw (k), 6. Tom Wood, 5. Geoff Parling, 4. Joe Launchbury, 3. Dan Cole, 2. Tom Youngs, 1. Alex Corbisiero.
Plaasvervangers: 16. David Paice 17. David Wilson 18. Mako Vunipola 19. Courtney Lawes 20. James Haskell (21. Danny Care 22. Freddie Burns 23. Jonathan Joseph
Volg Nuus24Sport op Twitter.