Engeland klop begeesterde Baabaas
2012-06-19 22:11
Potchefstroom – Engeland het ‘n uiteindelik oortuigende oorwinning met 57-31 (halftyd 31-10) behaal oor die Noordelike SA Barbarians Dinsdag in hul voorlaaste wedstryd van die toer.
Die toeriste het geantwoord op ‘n vroeë drie teen hulle deur die Barbarians met agt drieë teen vier te klop, met die heelagter Nick Abendanon wat ‘n driekuns aan drieë in die eerste helfte behaal het en die plaasvervanger Jonny May wat twee maal gaan druk het.
Die senter Joubert Engelbrecht het op die linkervleuel ‘n breekslag gemaak en hakskene vir Abendanon gewys vir ‘n vroeë drie vir die Barbarians.
Die Engelse, wat die toetsreeks teen Suid-Afrika verlede naweek verloor het, het geantwoord met drie drieë deur die Suid-Afrikaans gebore Abendanon en een deur die agtsteman Ben Morgan binne slegs 17 minute.
May en die senter Anthony Allen het in die tweede helfte gedruk, terwyl ‘n strafdrie ook aan Engeland toegeken is.
Engeland het die Suidelike SA Barbarians verlede week met 54-26 geklop in Kimberley.
Engeland is op die oomblik met 2-0 agter in die reeks van drie toetse, met die laaste toets wat Saterdag in Port Elizabeth beslis sal word.
Puntemakers:
Barbarians:
Drieë: Joubert Englebrecht, Shaun Venter (2), Deon Scholtz. Doelskoppe: JC Roos (4). Strafskop: Roos
Engeland:
Drieë: Nick Abendanon (3), Ben Morgan, Jonny May (2), Anthony Allen, strafdrie. Doelskoppe: Charlie Hodgson (7). Strafskop: Hodgson
- Volg Nuus24Sport op Twitter
- AP