Engeland kies 'wenspan' vir Bok-stryd
2012-11-22 17:45
Londen – Die slot Joe Launchbury gaan sy eerste toets vir Engeland begin nadat die afrigter, Stuart Lancaster, ses veranderings gemaak het aan sy span vir die stryd teen die Springbokke op Twickenham.
Die 21-jarige Launchbury, wat sy debuut vanaf die plaasvervangerbank gemaak het teen Fidji vroeër die maand, vervang Tom Palmer in die beginspan. Palmer sukkel met ‘n kuitbesering.
Die agtsteman Ben Morgan, flank Tom Wood en die stut Alex Corbisiero is die ander drie veranderings onder die voorspelers.
In die agterlyn gaan Mike Brown, gewoonlik ‘n heelagter, op linkervleuel begin in ‘n poging om die Springbokke se skop-bedreiging in toom te hou.
Die gevaarlike Ben Youngs vervang Danny Care op skrumskakel.
Manu Tuilagi en die Suid-Afrikaans-gebore Brad Barritt is weer as die begin-senterpaar gekies.
Die oud-Vrystater, Mouritz Botha, is die plaasvervanger slot.
“Ons het ‘n span gekies wat ons die beste kans gaan gee om Suid-Afrika te wen,” het Lancaster gesê.
Afskoptyd is Saterdag om 16:30.
Die spanne lyk so:
Engeland:
15 Alex Goode, 14 Chris Ashton, 13 Manusamoa Tuilagi, 12 Brad Barritt, 11 Mike Brown, 10 Toby Flood, 9 Ben Youngs, 7 Chris Robshaw (k), 6 Tom Wood , 5 Geoff Parling, 4 Joe Launchbury, 3 Dan Cole, 2 Tom Youngs, 1 Alex Corbisiero
Plaasvervangers: 16 David Paice, 17 David Wilson, 18 Mako Vunipola, 19 Mouritz Botha, 20 James Haskell , 21 Danny Care, 22 Owen Farrell, 23 Jonathan Joseph
Suid-Afrika:
15. Zane Kirchner, 14. JP Pietersen, 13. Juan de Jongh, 12. Jean de Villiers (k), 11. Francois Hougaard, 10. Pat Lambie, 9. Ruan Pienaar, 8. Duane Vermeulen, 7. Willem Alberts, 6. Francois Louw, 5. Juandré Kruger, 4. Eben Etzebeth, 3. Jannie du Plessis, 2. Adriaan Strauss, 1. Gurthrö Steenkamp.
Plaasvervangers: 16 Schalk Brits, 17 Heinke van der Merwe, 18 Pat Cilliers, 19 Flip van der Merwe, 20 Marcel Coetzee, 21 Elton Jantjies, 22 Jaco Taute 23. Lwazi Mvovo
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- AFP