Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Elton voor Butch ingesluit

2011-10-20 07:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Elton Jantjies, en nie Butch James nie, gaan Saterdag met die losskakel-mantel vir die Goue Leeus in hul Curriebeker-halfeindstryd op Coca-Colapark teen die Westelike Provinsie vertrou word.

Jantjies is ’n Springbok wat nog geen toetse gespeel het nie en James ’n gesoute Bok, met 42 toetse, wat pas van die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland teruggekeer het.

Maar vir John Mitchell, afrigter van die Leeus, gaan dit nie oor Springbok-ervaring nie, maar oor sy éie span en sy strewe om ’n eerste Curriebeker in 12 jaar te verower.

Die Leeus-breier het dit eenvoudig laat klink toe hy gesê het hy het die span gekies wat tot dusver in die reeks presteer het en die Leeus bo-aan die puntelys laat eindig het.

“Hierdie agterlyn het dié seisoen baie goed gedoen,” het hy sy voorkeur vir Jantjies verduidelik.

“Die hele span het tot dusver goed onder Josh (Strauss) se kapteinskap gevaar. Ek moes net die beste 22 spelers vind – en ek glo dié 22 is die beste.”

Mitchell kon James ook as senter gekies het, maar hy was wys genoeg om die middelveld-vennootskap van Alwyn Hollenbach en Doppies la Grange te behou.

Sy agttal sluit al die spelers in wat gereeld in die reeks oorheers het.

Die uitsondering is CJ van der Linde, wat sy buiging vir die Leeus gaan maak, aangesien JC Janse van Rensburg beseer is.

“As JC nie beseer was nie, sou hy ook gespeel het,” het Mitchell dáároor gesê en die geloof in sy span onderstreep.

Van der Linde gaan as loskopstut uitdraf, met Patric Cilliers as vaskopstut.

Dié twee kan albei weerskante in die voorry aangewend word.

Die beste nuus wat die Leeus gister gekry het, is dat hul speler van die jaar, Cobus Grobbelaar, dalk betyds van sy ribbesering gaan herstel om een van die plaasvervangers teen die WP te wees.

Ná jare se getroue diens aan die Leeus sal Grobbelaar straks vir die eerste keer tot nog toe ’n Curriebeker-uitklopstryd op die Leeus se tuisveld ervaar.

Die span het sedert Mitchell die sweep in Junie 2010 begin klap het, baie verander, maar staatmakers soos Grobbelaar is behou.

Altesaam 13 van die Leeus se huidige 22-tal het eers verlede jaar vir die span begin speel.

Dit was wel eers in 2011 se Curriebeker-reeks dat die Leeus hul aanvanklike belofte in positiewe uitslae begin verander het.

Die Leeus het selfs begin lyk na die gunstelinge om die reeks te wen, maar dié siening het die afgelope Saterdag ’n hewige knou gekry toe hulle met 9-53 teen die Haaie in Durban verloor het.

Op sosiale netwerke word daar nou oraloor ’n eindstryd tussen die Bok-belaaide Haaie en die Westelike Provinsie voorspel.

Tog sê Mitchell die nederlaag teen die Haaie beteken maar min.

“Dit is nie van toepassing nie. Ons het wel ’n les oor ingesteldheid gekry.

“Maar ons het ’n week vroeër al ’n halfeindstryd op ons tuisveld bespreek.

“As die wedstryd (teen die Haaie) nie in daardie konteks plaasgevind het nie, sou ons houding anders gewees het.

“En dit was vir ons ook voorbereiding met ’n oogmerk (in gedagte) en in daardie opsig het ons al ons doelwitte bereik,” het Mitchell gesê.

Of dit wel ’n sielkundige knou so kort voor hul halfeindstryd was, is iets waaroor die Leeus hulle nie wil uitlaat nie.
Hulle beskou dit as geskiedenis.

“Ons is daarby verby. Vandeesweek was ons oefeninge die beste wat hulle tot dusver vanjaar was,” het die kaptein, Josh Strauss, gesê.

Die span is:


Jaco Taute, Deon van Rensburg, Doppies la Grange, Alwyn Hollenbach, Michael Killian, Elton Jantjies, Michael Bondesio, Josh Strauss (k), Michael Rhodes, Derick Minnie, Franco van der Merwe, Wikus van Heerden, Patric Cilliers, Bandise Maku, CJ van der Linde.

Plaasvervangers: Martin Bezuidenhout, Jacobie Adriaanse, Warren Whiteley, Cobus Grobbelaar/Jaco Kriel, Butch James, Dylan des Fountain, James Kamana.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: curriebeker  |  rugby
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.