Elf nuwelinge in Lions-span
2013-01-17 13:31
Johannesburg – Die breier van die Lions, Johan Ackerman, het elf nuwelinge gekies vir Saterdag se kragmeting met Rusland op Ellispark in Johannesburg.
Die slot Franco Mostert, flank Warwick Tecklenburg, losskakel Lionel Cronje en senterpaar Harold Vorster en Stokkies Hanekom sal vir hul nuwe franchise in die 15-tal uitdraf terwyl die stut Jacques van Rooyen, slot Hugo Kloppers,
losvoorspeler Claude Tshibidi en veelsydige agterspelers Marnitz Boshoff en
Ruhan Nel, hul debuut vanaf die plaasvervangerbank kan maak.
Rusland, 20ste gekeur op die Internasionale rugbyraad (IRR) se ranglys, is die Gautengers se eerste opponente in die Lions-uitdaagreeks.
So lyk die span:
15. Andries Coetzee, 14. Deon Helberg, 13. Stokkies Hanekom, 12. Harold Vorster, 11. Anthony Volmink, 10. Lionel
Cronje, 9. Michael Bondesio, 8. Willie Britz, 7. Derick Minnie, 6. Warwick
Tecklenburg, 5. Franco Mostert, 4. Hendrik Roodt, 3. Ruan Dreyer, 2. Martin
Bezuidenhout, 1 JC Janse van Rensburg (kaptein).
Plaasvervangers: 16 Francois du Toit, 17 Jacques van Rooyen, 18 Jacques Kotze, 19
Hugo Kloppers, 20 Claude Tshibidi, 21 Ross Cronje, 22 Marnitz Boshoff,
23 Ruhan Nel.
Afskoptyd Saterdag is om 19:00.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.