Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

'Ek sal ‘n lelike oorwinning vat' – Heyneke

2012-05-29 23:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, is klaarblyklik duidelik oor wat sy primêre taak as afrigter is – niks anders as oorwinnings sal deug nie.

“Ek glo in twee tipes rugby – wenrugby en verloorrugby, daar is vir my niks tussenin nie,” het die man wat die Springbokke vir die volgende vier jaar sal afrig gesê.

“Ek het nog altyd gesê aanval sit boude op sitplekke, maar verdediging wen wedstryde. Ek sal eerder ‘n lelike oorwinning vat as verloor en mooi rugby speel,” het hy in ‘n ondershoud gesê voor sy eerste reeks aan die stuur, teen Engeland in Junie.

Die voormalige Leicester- en Bulls-afrigter Meyer (44) het in Januarie oorgeneem toe hy die omstrede Peter de Villiers opgevolg het.

Daar sal geen revolusionêre verandering in benadering of skuif weg van die taai fisieke spel wat al dekades lank kenmerkend van Suid-Afrikaanse rugby is nie.

“Ek beplan om na Suid-Afrika se sterkpunte te speel, wat groot voorspelers en vaardige agterspelers is,” het Meyer bygevoeg.

Meyer neem oor as Bok-afrigter nadat Suid-Afrika nie daarin kon slaag om hul rugbywêreldbeker suksesvol te verdedig in Nieu-Seeland verlede jaar nie. Hulle het teen Australië in die kwarteindstryd verloor, met baie spelers vir wie dit die einde van hul internasionale loopbane was.

“Ons het goeie spelers in 2007 (toe die Bokke die wêreldbeker in Frankryk gewen het) en in 2011 gehad en ek het gedink ons het van die beste spelers in wêreldrugby gehad, maar heelwat van hulle het nou aanbeweeg,” het hy gesê.

“Ek is baie positief oor die jong spelers wat deurkom en heelwat van hulle het hul hande opgesteek in vanjaar se Super Rugby-toernooi en dit maak my opgewonde. My werk sal wees om die regte ouens te kies, die regte strukture rondom hulle in plek te stel en die omgewing te skep waarin hulle kan presteer.”

Meyer is pragmaties oor die spoed van daardie oorgang en die vooruitsig dat hy spelers soos die skrumskakel Fourie du Preez wil terugbring, het spekulasie oor sy spankeuses en die identiteit van die Springbok-kaptein oorheers.

“Ek glo jy moet uitgaan en elke liewe toetswedstryd wen. Ek wil nie ‘n boufase as ‘n verskoning gebruik nie. Ek dink met die regte strukture en beplanning sal die volgende wêreldbeker na homself omsien.

“Dit is ‘n langtermyn-doelwit, maar jy moet ook op die korttermyn beplan. Dit is moeilik om meer as ses maande vooruit te beplan.”

Meyer het gesê die reeks van drie toetse tuis teen Engeland is nou sy enigste fokus, met enige gedagtes oor die opkomende uitgebreide Suidelike halfrond-reeks teen Nieu-Seeland, Australië en Argentinië wat moet wag.

“Ek sou ‘n makliker begin wou gehad het.

“Ek was baie beïndruk met Engeland in die Sesnasies. Wat ek uit daardie wedstryde geneem het, is dat daar baie geestelike taaiheid is. In die eerste twee wedstryde was hulle onder baie druk, maar op die ou end, om Frankryk weg van die huis te klop was ‘n groot, groot prestasie.

“Ek dink hulle sal hierheen kom met baie selfvertroue en hulle gaan vorentoe ‘n sterk span vir die volgende wêreldbeker wees. Al het hulle ‘n paar x-faktor-spelers en spelbrekers, het hulle die balans reg. Hulle het ongelooflike verdediging en hulle plaas baie druk op hul teenstanders met hul verdedigende spel.”

Suid-Afrika en Engeland pak mekaar op 9 Junie in Durban, op 16 Junie in Johannesburg en op 23 Junie in Port Elizabeth.

“Ek glo daarin dat jy die regte tipe rugby moet speel vir ‘n spesifieke wedstryd,” het Meyer bygevoeg.

“Jy moet elke opponent bestudeer, kyk na hul sterkpunte en swakpunte en jou wedstrydplan daarvolgens aanpas.”

- Volg Nuus24Sport op Twitter

- Reuters

Lees meer oor: heyneke meyer
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Rugby-kommentaar

Helaine Venter sê... Hy het nou letterlik en figuurlik sy blink toekoms vir homself in die drein af GESLAAN!!!! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.