Einde van ’n era in Londen

2011-11-26 07:22
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Victor Matfield hoop die Barbarians se onlangse vertoninglys sal help dat hy vandag op Twickenham ’n gepaste afskeidsgeskenk kry.

Hoewel die uitslag van ’n Baabaas-kragmeting as ’t ware van akademiese belang is, sal ’n bier beslis beter smaak as dié Springbok-strydros se rugbyspan in sy swanesang seëvier.

Matfield draf in sy vyfde Baabaas-stryd uit – dié slag die tweede keer as kaptein. Hy sal moet toesien dat spelers van 10 verkillende lande soos ’n geoliede span saamspeel om ’n sege te behaal.

Die rede: die internasionale uitnodigingspan was laas in 1976 in Cardiff met 19-7 oor die Wallabies baas.

Boonop het die Baabaas sedert die eerste kragmeting tussen dié spanne in 1948 slegs drie keer koning gekraai. Die Aussies was agt keer aan die wenkant.

Die Wallabies het die Baabaas in hul vorige kragmeting in 2009 in die Sydney Football Stadium met 55-7 afgestof.

Maar die Barbarians het in hul laaste twee wedstryde, verlede jaar teen die Bokke en in 2009 teen die All Blacks, geseëvier.

Vandag se wedstryd is vanweë verskeie redes meer besonders as die meeste Baabaas-kragmetings, en dalk tower die uitnodigingspan net genoeg op om die Aussies te ontsenu.

Dit is nie net die 34-jarige Matfield se laaste kragmeting nie, maar straks ook die einde van die vennootskap tussen die Baabaas-afrigters, Graham Henry en Steve Hansen.

Hulle het die All Blacks vanjaar tot Wêreldbeker-glorie gebrei en werk reeds sedert 2001 – toe hulle Wallis afgerig het – saam.

Hansen word as ’n gunsteling beskou om Henry by die All Blacks op te volg.

Die flank David Pocock voer die Wallabies die eerste keer aan, en James O’Connor maak sy buiging op losskakel in die beseerde Quade Cooper se afwesigheid.

O’Connor is ’n begaafde speler en kan ’n gevaar vir Cooper se plek in die Wallaby-span inhou.

Selfs Robbie Deans, die Aussies se breier, meen O’Connor kan ’n permanente draer van die Wallabies se nommer 10-trui word.

“Wie weet wat gaan in die toekoms gebeur?

“O’Connor is nog ’n speler wat die vermoë het om losskakel te kan speel en dis ’n goeie ding vir ons,” het Deans aan die webwerf www.stuff.co.nz gesê.

Die spanne is:
Barbarians: Isaia Toeava, Sam Tomkins, Robbie Fruean, Stirling Mortlock, Bryan Habana, Danny Cipriani, Peter Stringer, Adam Thomson, Mauro Bergamasco, Jerome Kaino, Victor Matfield (k), Simon Shaw, Sylvain Marconnet, Keven Mealamu, Eusebio Guinazu.

Plaasvervangers:
Adriaan Strauss, Salvatore Perugini, Jason White, Marco Bortolami, Nemia Kenatale, Richard Kahui, Seru Rabeni.

Australië: Adam Ashley-Cooper, Lachie Turner, Rob Horne, Berrick Barnes, Digby Ioane, James O’Connor, Will Genia, Ben McCalman, David Pocock, Scott Higginbotham, Nathan Sharpe, Rob Simmons, Salesi Ma’afu, Tatafu Nau, James Slipper.

Plaasvervangers:
Stephen Moore, Ben Alexander, James Horwill, Dave Dennis, Matt Hodgson, Nick Phipps, Ben Tapuai.

Afskop: 16:35

Skeidsregter:
Romain Poite

Sport24

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: victor matfield  |  rugby  |  barbarians

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.