Edwards sê Britte af, staan by Wallis
2011-11-14 13:25
Cardiff – Britse rugby het nog ‘n terugslag beleef nadat
Shaun Edwards hul vryery na hom geïgnoreer het om deel van Wallis se
afrigterspan te bly.
Die Walliese rugby-unie het aangekondig Edwards, self ‘n
Brit, het ‘n nuwe kontrak geteken wat hom vir die volgende vier jaar die
Walliese verdedigingsafrigter sal maak.
Brittanje het vanjaar 'n rampspoedige Wêreldbeker-toernooi beleef in Nieu-Seeland en sy uittog by die kwarteindronde is oorskadu deur swak gedrag agter die skerms.
Edwards se nuwe kontrak beteken hy sal nie by die Britte se afrigterspan kan aansluit
tot en met die Wêreldbekertoernooi in 2015 in Brittanje nie.
Edwards het sy pos as afrigter van die Engelse
Premierliga-span Wasps sowat twee weke verlaat na sy kontrak met Wallis na die
Wêreldbeker verstryk het.
“Ek het onderhandeling met Shaun oor die naweek afgehandel,”
het die hoof van die Walliese rugby-unie, Roger Lewis, gesê. “Ek is uiters
trots om aan te kondig hy sal deel van ons span wees tot en met die Wêreldbekertoernooi
in 2015.”
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport
op Twitter.