Earl Rose kry nog 'n kans

2010-10-07 10:03
Tweets Share Share line Print

Kimberley - Griekwas het ’n tweede asem in Earl Rose se ylende Suid-Afrikaanse rugbyloopbaan geblaas.

Die Poubloues het die veelsydige agterspeler, wat verlede jaar nog saam met die Springbokke na Europa getoer het, tot einde 2011 gekontrakteer en sodoende verhoed dat hy in die buiteland sy heil gaan soek.

Rose sal hom reeds op 1 November by die Noord-Kapenaars aansluit en veral op losskakel aan die span van die Diamantstad diepte verskaf.

Rose, wat vroeër vanjaar reeds by die Lions se Super14-span die deur gewys is, is nie eers deur die Leeus-breier, John Mitchell, vir die Curriebeker-reeks oorweeg nie en is tot onlangs nog met ’n skuif oorsee verbind.

Die Skotse klubs Edinburgh en Glasgow Warriors het glo in sy dienste belanggestel, maar die buksie het gister sy kontrak by die Poubloues onderteken.

“Die skuif na Kimberley is ’n goeie geleentheid vir Earl om weer sy voete in Suid-Afrikaanse rugby te vind. Dit sal vir hom soos ’n nuwe begin wees,” het Rose se agent, Anthony Johnson, gister gesê.

Rose het in die verlede al hewige kritiek vir sy spelstyl en swak dissipline verduur en net tyd sal leer of die Poubloues hierdie slag vir hulle ’n kat in die sak gekoop het. Rose en sy jonger broer, Jody, het nog onlangs van die Leeus se se span op die Platinum-internasionale sewestoernooi gedros.

Intussen het Griekwas se afrigter, Dawie Theron, sy beginspan vir Saterdag se kragmeting met die Blou Bulle op GWK-park hier bekend gemaak.

Die Poubloues se breier het sy sterkste beskikbare span gekies, wat die erns waarmee Griekwas die wedstryd benader, beklemtoon.

Staatmakers soos Wesley Wilkins (flank), Leon Karemaker (agtsteman) en Frikkie Spies (slot) sal teen die Ligbloues op die veld draf. Hul teenwoordigheid sal veral voorlangs vir die tuisspan ’n pluspunt wees.

“Ons weet die Bulle speel tradisioneel baie fisiek en ons sal moet reg wees daarvoor. Ons sal beslis met ’n fisieke benadering van ons eie op die veld draf en veral by die afbreekpunte ’n impak moet maak,” het Theron gesê.

Met die oog op die rol wat die Bulle-slotte Bakkies Botha en Victor Matfield in die lynstane vertolk, het Griekwas self vandeesweek aan dié fasset van hul spel aandag gegee.

“Ons het al teen die Matfield-Botha-kombinasie gespeel en weet wat om te verwag. Ons lynstane was beslis een van die fokuspunte gewees. Ons moet ons besit teen hulle verseker,” het Theron bygevoeg.

Die span: Riaan Viljoen, Rocco Jansen, Jean Stemmet, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier (k), Sarel Pretorius, Leon Karemaker, Wesley Wilkins, Justin Downey, Cecil Kemp, Frikkie Spies, Jean Botha, Rayno Barnes, Steph Roberts. PLAASVERVANGERS: Simon Westraadt, Jacobie Adriaanse, Edwin Hewitt, Gerhard Human, Marnus Hugo, Wilmaure Louw, Rudi Vogt.

Afskop: 15:00.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24 

 

Lees meer oor: earl rose  |  griekwas  |  curriebeker  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.