Duikslag kelder Blits-droom

2011-11-11 07:02
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch – Stephan Dippenaar sal nie vandag in die Blitsbok-toergroep na Australië ingesluit word nie.

Hy het gister hier sy regterenkel en -knie teen die Maties beseer.

Die Blitsbokke het ordentlike oefenwedstryde teen die Stellenbosse studente gehad.

Dippenaar se kans was goed om vandag in die toergroep na Brisbane vir die eerste toernooi in die Internasionale Rugbyraad se Sewes-wêreldreeks ingesluit te word.

Dié voormalige Blou Bul is ná ’n netjiese breekslag van die kant af gelak. Sy sy enkel en knie het sywaarts geknak.

Een van die studentetoeskouers het aan die verdediger geskree “sê jammer, Sampie”.

Maar toe Dippenaar oomblikke later van die veld af gehelp moes word, het die erns van die saak op en van die veld af duideliker geword.

Die Blitsbok-breier, Paul Treu, het aan Sport24 bevestig dat Dippenaar vir eers nie oorweeg kan word nie, maar dat die kniebesering nie so ernstig is soos aanvanklik gevrees is nie.

Die vroeë spesmaas was dat hy kruisligamente beseer het, wat hom tot nege maande lank buite aksie kon hou.

Terwyl Dippenaar vir eers tuis sal moet bly, meen Treu dié speler se seisoen is nie heeltemal daarmee heen nie.

Dit sal nou moeilik wees om die sewesgroentjie Cornal Hendricks by die huis te los wanneer die span aanstaande Vrydag na Australië vertrek.

Dié speler van die Boland-Kavaliers het Woensdag teen die Ikeys ’n paar benoude oomblikke op die verdediging beleef, maar het al daardie vrese teen die Maties besweer en behoort aanstaande week op sy eerste oorsese toer te vertrek.

Hoewel die studente gister se oefenwedstryde aanvanklik met ’n kaas-en-wyn-ingesteldheid aangepak het, het die Bokke meestal volgens hul strukture gespeel.

Maar hul fiksheid was die grootste pluspunt.

Hul kondisionerings-afrigter, Alan Temple-Jones, het die spanlede se kragte voor die wedstryde op roeimasjiene getap en hulle ook ná die wedstryde ’n paar passies laat doen.

“Ons ouens was sat nog voordat die wedstryde begin het, maar jy kon dit nie aan hul liggaamshouding agterkom nie. Ons is baie tevrede daarmee,” sê Treu.

“Omdat die wêreldreeks vanjaar met drie, pleks van die gebruiklike twee toernooie begin, sal die spanne wat deurgaans goed vertoon, ook die fiksste wees.”

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.