Dubbele slag tref WP

2011-09-06 08:03
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – 'n Dubbele slag! Dit is wat die Curriebeker-span van die Westelike Provinsie Maandag getref het met die nuus dat Duane Vermeulen waarskynlik eers volgende jaar weer mag rugby speel.

Voorts kan die losskakel Demetri Catrakilis nie vir Saterdag se wedstryd op Nuweland teen die Luiperds oorweeg word nie.

“Ek is bevrees slegte nuus van die dokter het die vreugde ná Saterdag se oorwinning oor Griekwas effens gedemp,” het Allister Coetzee, breier van die WP, Maandag aan Sport24 gesê.

“Die spesialis is glad nie tevrede met Duane se knie nie. Die grootste probleem is die been-kneusing wat dieper in die knie plaasgevind het. Vir die afsienbare toekoms is ál toegelate oefening vir hom om te loop,” het Coetzee verduidelik.

Verdere slegte nuus is dat Catrakilis ’n skeurtjie aan sy regter bisep (voorste boarm-spier) opgedoen het.

“Dis ’n reuse-jammerte dat dit juis nou gebeur het. Demetri het die afgelope naweek glad nie goed geskop nie.

“Maar hy het nou ’n gewilligheid begin wys om meer te waag – oordeelkundig, nie sommer net blindelingse opportunisme nie.

“Ons verwag van ’n losskakel om agterlangs rigting te gee, ons op die regte areas van die veld te kry, en hy het die lyn Saterdag ’n paar keer aangeval. En nou dit,” het Coetzee effens moedeloos gesê.

Ná ’n hengse lang rits beserings aan losskakels vanjaar is Catrakilis as die vyfde keuse betrek. Maar so goed het die jong Ikey ontwikkel dat hy verlede maand as die Curriebeker-speler vir Augustus aangewys is.

Coetzee-hulle sal nou op Ismaeel Dollie of Lionel Cronjé moet terugval.

Dollie oefen al ’n geruime tyd saam met die Streeptruie, terwyl Cronjé ná ’n kniebesering verlede week sy eerste veldoefensessie gehad het.

Die span vir Saterdag se wedstryd word Woensdag aangewys.

Hoewel die Luiperds laaste op die Curriebeker-puntelys lê, het Coetzee gesê daardie wedstryd bied uitdagings wat geen laksheid sal duld nie.

“In Kimberley het ons gewys dat ons nie net oor talent en vaardighede beskik nie, maar ook oor hart en gees.

“Maar daar is ’n paar tegniese goed, soos verdediging, wat beter en akkurater moet wees.

“Alleenlik wanneer jy ál jou teenstanders respekteer, sal sake nie lostorring nie en uitvoering beter wees.

“Ter wille van ons eie doelwitte is dit dus belangrik om die Luiperds met agting te benader,” het die afrigter gesê.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.