Duane, Dewaldt lei WP in CB

2011-07-12 07:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Duane Vermeulen gaan vanjaar die Westelike Provinsie in die Curriebeker-rugbyreeks aanvoer.

Allister Coetzee, die Streeptruie se afrigter, het Maandag aangekondig dat Vermeulen (agtsteman) en die skrumskakel Dewaldt Duvenage (onderkaptein) die span sal lei.

Daar is nog onsekerheid oor wie die span Saterdag op Nuweland teen Griekwas sal aanvoer.

Vermeulen herstel nog van ’n ernstige kniebesering en sal nog tussen vier en vyf weke langs die kantlyn moet deurbring. Duvenage sukkel steeds met die beenbesering wat hom in die laaste paar weke van die Super Rugbyreeks gekniehalter het.

“Ons weet nog nie of Dewaldt gaan reg wees om Saterdag te speel nie. “Ons sal dus ons kaptein vir die beginspan teen Griekwas eers Donderdag aankondig,” het Coetzee gesê.

Die breier het bygevoeg hy is nie te bekommerd oor dié onsekerheid nie.

“Ons het ’n hele paar ouens in die groep wat spanne al in die verlede aangevoer het. Manne soos Tiaan (Liebenberg), Deon (Fourie) en Pieter Louw het sulke ervaring.”

Die afrigter het gesê die leierskap van dié en ander senior spelers is een van die WP se sterkpunte. “Jy wil altyd goeie besluitnemers in jou span hê.”

Ofskoon die WP ’n hele klomp spelers aan die Springbokke afgestaan het, is Coetzee tevrede met die diepte wat hy tot sy beskikking het.

Die slegte nuus dat Rynhardt Elstadt se beseerde knie hom drie maande op die krukkelys gaan hou, word as ’n kans vir De Kock Steenkamp beskou.

“De Kock wag al baie lank vir dié kans. Adriaan Fondse, Hilton Lobberts, Eben Etzebeth en Quin Roux is ook slotte wat beslis ’n rol kan speel,” het Coetzee gesê.

Die een posisie waarin die Kaapse span met sy diepte gesukkel het aan die einde van die Super-reeks was op losskakel. ­Lionel Cronjé en Kurt Coleman is nog nie reg nie, maar Gary van Aswegen sal teen Griekwas speel.

“Ons fokus het geskuif van die Superreeks na dié nuwe uitdaging. Ek dink ook nie dat ons gefaal het in vanjaar se Superreeks nie. Die Reds moes 16 jaar wag voordat hulle weer die reeks kon wen,” het Coetzee gesê.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.