Drotské tevrede met 70 minute

2010-08-09 13:10
Tweets Share Share line Print

Jongi Nokwe, Springbokvleuel van die Vrystaatse Cheetahs, probeer hier vir Christo le Roux van die Pumas afskud in het Saterdag se Curriebeker-kragmeting in Witbank. Foto: Craig Nieuwenhuizen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Witbank - Die Vrystaat-Cheetahs is miskien Smith-loos, maar beur vreesloos vorentoe in die Curriebeker-rugbyreeks nadat hulle die Pumas Saterdagmiddag hier sonder te veel moeite met 45-30 geklop het.

Hul gereelde kaptein, Juan Smith, se afwesigheid het die Cheetahs al in die verlede gekniehalter, maar Hendro Scholtz het hulle tot ’n oortuigende oorwinning aangevoer wat hulle op pad na die reeks se halfeindronde hou.

Om sonder Smith te speel is niks nuuts vir die Vrystaters nie, en met sy waarskynlike betrokkenheid in die res van die Drienasies-reeks gaan dit weer van die Cheetahs vereis word.

“Juan is ’n goeie speler, maar ek verskil met die media wat sê ons kan nie sonder hom speel nie,” het die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, gesê.

Op grond van Saterdag se vertoning is hy reg. ’n Drie deur Jongi Nokwe kort voor rustyd en nog drie drieë ná die rustyd was genoeg vir die Cheetahs om die Pumas te pootjie.

Hul balbehoud was veral goed en hulle het die Pumas laat betaal wanneer die tuisspan die bal onnodig verloor of weggegee het.

Die beweeglikheid van die voorrymanne Coenie Oosthuizen, WP Nel, Adriaan Strauss en CJ van der Linde is een van die Cheetahs se heel grootste wapens en herinner aan Os du Randt, Ollie le Roux en Willie Meyer op hul beste.

“Behalwe die laaste 10 minute, dink ek ons was goed,” het Drotské gesê.

“Ons was met 45-16 voor en het toe net onnodige foute begaan.”

Sy span sal vandeesweek met selfvertroue voorberei vir hul kragmeting met die Leeus op Coca-Colapark.

Slegs die slot Barend Pieterse moet ná die Pumas-wedstryd ’n ligte kuitbesering afskud.

Die Pumas se goeie spel in die laaste 10 minute was byna genoeg om ’n bonuspunt vir vier drieë te kry, maar hulle moes met drie tevrede wees.

Jimmy Stonehouse, die Pumas se afrigter, erken dat onnodige foute weer sy span se ondergang was, selfs al het hy met ander afdelings knap meegeding.

“Die Cheetahs hou besit baie goed. Maar ons moet net ons foute begin beperk en dit is jammer, want ons kry dit in die oefening reg.”

Die Pumas moet Vrydag in Kimberley teen Griekwas speel en sal dit sonder die plettervatter Siviwe Magaba moet doen.

Dié senter het vroeg in die wedstryd ernstige harsingskudding opgedoen.

Puntemakers:

Vrystaat-Cheetahs 45 (24): Drieë: Coenie Oosthuizen, Hendro Scholtz, Jongi Nokwe, Hennie Daniller, Robert Ebersohn, Meyer Bosman. Doelskoppe: Louis Stry­dom (4), Sias Ebersohn (2). Strafdoel: Strydom.

Pumas 30 (16): Drieë: Shaun Venter, Jacques Coetzee, Carl Bezuidenhout. Doelskoppe: Ricardo Croy (2), Elgar Watts. Strafdoele: Croy (3).
 

Lees meer oor: cheetahs  |  curriebeker

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.