Doppies terug, maar Strauss steeds Leeu-kaptein
2011-09-06 14:56
Johannesburg – Die Goue Leeus het drie veranderinge gemaak aan hul span wat Vrydag in die Curriebeker-wedstryd teen die Griekwas in Johannesburg uitdraf.
Doppies la Grange keer terug na buitesenter terwyl Joshua Strauss fiks is en as kaptein gekies is om die Rooibontes te lei.
"Doppies moet eers sy eie spel regkry voor hy weer die leisels as vat. Joshua het hom goed van die taak gekwyt terwyl Doppies beseer was. Nou moet hy eers op sy eie spel fokus sonder om kommer as kaptein te hê," het die span se afrigter, John Mitchell, gesê.
Lionel Mapoe se besering in die wedstryd teen die Pumas is 'n terugslag vir die Leeus.
"Lionel sal vir 'n skoueroperasie gaan en as dit 'n skouer-rekonstruksie is, is hy uit vir vier maande. Dit is baie jammer, maar ons het genoeg diepte," het Mitchell gesê.
So lyk die span
Jaco Taute, Deon van Rensburg, Doppies la Grange, Alwyn Hollenbach, Michael Killian, Elton Jantjies, Michael Bondesio, Joshua Strauss (kaptein), Derrick Minnie, Cobus Grobbelaar, Franco van der Merwe, Wikus van Heerden, Patric Cilliers, Bandise Maku, JC Janse van Rensburg.
Plaasvervangers: Martin Bezuidenhout, Jacobie Adriaanse, Johan Snyman, Michael Rhodes,Warren Whitely,Burton Francis, James Kamana.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24
- SAPA