Div spoel mond uit oor WP

2010-08-13 08:57
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘Dit is jammer as afrigters wat hul land kon dien nié toegelaat word om dit te doen nie. Wat dit erger maak, is dat daar dalk nou na buitelanders gekyk moet word om wel daardie taak te verrig waarvan betrokke plaaslike afrigters weerhou word.”

Só het die Bok-afrigter, Peter de Villiers, gister gereageer op die nuus dat die Stormers en die Westelike Provinsie se verdedigingsafrigter, Jacques Nienaber, nie deur dié rugbyunie aan die Springbokke geleen mag word nie.

Nienaber het na Kaapstad terug­gekeer nadat hy vandeesweek hier by die Bokke se oefenkamp was om te help.

De Villiers het ook laat blyk dat Nienaber nie weer om hulp gevra sal word terwyl hy die Springbokke afrig nie.

“Dit is jammer dat so iets moes gebeur. Die betrokke afrigter het ’n kans gehad om sy kennis ten bate van die land te benut, maar word nou nie toegelaat om dit te doen nie.
“Dit was sy groot kans om op die hoogste vlak ’n bydrae te kan lewer en dit is nou verbeur.

“Boonop beteken dit dalk dat ek nou iemand in die buiteland moet gaan soek om die werk te doen wat ’n Suid-Afrikaner kon doen,” het die Bok-breier gekla.

Nienaber is nader getrek nadat die Bokke op die oorsese deel van die Drienasies-toer erg gesukkel het om teenstanders uit hul doelgebied te hou en tien drieë in die drie toetse afgestaan het.

De Villiers het erken hy het hulp nodig. “Ons sal altyd van kundiges gebruik maak. Ek dink die WP en die Blou Bulle se verdedigingsafrigters is van wêreldgehalte en Gary Gold (Bok-voorspelerbreier) is nie ver agter hulle nie. Ons het nie goed verdedig oorsee nie, maar dit is net nodig om klein verstellings te maak.”

Die breier het erken dat die span tussen twee spelpatrone vasgevang was. “In die verlede het die grootste groep uit die Bulls en Sharks bestaan. Hul spelpatroon en manier van speel het nie soveel verskil nie.

“Vanjaar is dit (die span) tussen die Bulls en Stormers en dit verskil wesenlik. Die spelers het nie vinnig genoeg aangepas nie. Ons het ’n goeie uitspoelsessie gehad,” het De Villiers gesê.

Op ’n voorstel dat die probleem opgelos kan word deur minder Stormers-spelers te kies, het die breier hartlik geskater.

Op ’n meer ernstige noot het hy die All Blacks, wat ook die Aussies twee keer geklop het ná agtereenvolgende seges oor die Springbokke, só opgesom.

“Baie goed.”

De Villiers gaan Dinsdag sy span bekend maak vir die toets Saterdag teen die All Blacks in die FNB-stadion.

Danie Rossouw het ’n harde stamp teen die bobeen gekry in ’n klipharde oefening by die Hoër­skool Hyde Park waar die spelers behoorlik onder mekaar ingeklim het.
Baie aandag is aan die afbreekpunte geskenk.



Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Dante sê... Ek moet darem vir die Stormers n lansie breek. Jy sal opmerk dat al die spanne hul spelpatroon drasties wysig wanneer hulle teen die Stormers speel. Almal (selfs die Crusaders) het skoptaktiek gebruik toe hulle teen ons speel. Dit dwing die Stormers om die veilige opsie te neem en die wedstryde "versigtig" af te sluit. Ons speel ook geweldig baie 7-uur wedstryde en die veld is gevolglik baie nat. Glo my, die Stormers gaan, wanneer hulle teen die bulletjies op n droë Loftus speel, baie hardloop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.