Div laat wiele rol vir 2011

2010-01-20 09:30
Tweets Share Share line Print

Stephen Nell

Kaapstad - Provinsiale rugbyunies en ander belanghebbendes sal ’n inset hê in ’n omvattende rusplan wat die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, vir Suid-Afrika se top-spelers beplan.

De Villiers het gister aan Sport24 gesê hy sal wyd konsulteer om te verseker dat top-Bokke uitgerus is vir aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland.

Hy glo al die voorste spelers van Suid-Afrika is nou vars ná ’n ruskansie, maar besef nietemin dat dit belangrik is om hulle met die oog op aanstaande jaar te bestuur.

“Dis die regte oomblik om nou na 2011 te kyk. Ek wil aanbevelings van die unies hê, want ons moet saamwerk ter wille van die spelers se vooruitgang,” sê De Villiers.

“My plig is om al die rolspelers – daar is baie ander as net SA Rugby – te raadpleeg. Daar is unies, borge, losiehouers... almal mot inkoop. Daar is ook ooreenkomste met Sanzar wat nagekom moet word.

“Ek wil kyk wat die unies sê. Wat maklik is vir die Vrystaat en Leeus sal dalk moeilik vir die Bulle en Sharks wees. Ek glo in alle opregtheid die unies sal die beste besluit vir die spelers en SA Rugby neem.

“Sodra ek klaar met unies gepraat het, is die volgende stap borge toe. Die volledige verslag sal openbaar gemaak word, want die publiek is ook belanghebbendes.”

De Villiers het die land se voorste unies ook bedank vir die samewerking wat reeds gegee is.

“Elke speler wat op toer was, het basies vier weke rus gekry. Hier moet ek die unies volpunte gee vir die samewerking met Suid-Afrikaanse rugby.

“Wys my enige liggaam wat ná vier weke se rus nie verfris is nie.”

Hy het bygevoeg dat van die Super14-spanne se weekplanne ook daarop gerig is om spelers vars te hou.

“Rus is die komponent wat baie belangrik in die gesprek (met unies) sal wees. Ek weet sekere van hulle het reeds oefeninge op Maandae uitgeskakel. Dis ’n stap in die regte rigting, want dis 14 weke se Maandae, wat op twee weke se rus neerkom,” sê De Villiers.

Die Bok-breier glo die Bokke se welslae in die eerste helfte van verlede seisoen het ’n rol in die teleurstellende toer na Europa gespeel.

“Jou uitputting word aan ’n hele paar komponente gekoppel – sielkundig, fisiek en selfs maatskaplik. Dit beïnvloed jou vertonings,” sê De Villiers.

“As jy gaan kyk hoeveel hoogtepunte die Bokke in 2009 beleef het en jy neem alles insluitende die spelers se vertonings in die Super14- en Curriebeker-reeks in ag, dan sou daar soveel uitputting wees dat die spelers voel hul doelwitte bereik is.

“Die jaareind-toer was ’n duidelike gevolg van die feit dat daar soveel hoogtepunte was.”

Suid-Afrika se gekontrakteerde Springbokke het Sondag in Kaapstad ’n lesing by die sportwetenskaplike prof. Tim Noakes gekry oor die belangrikheid om hulself vanjaar te bestuur.

“Die algemene tema was dat hulle vanjaar moet terugsny en aanstaande jaar baie moet doen,” het Noakes gesê.

“Suid-Afrika kan nie verwag om aanstaande jaar kompeterend in die Wêreldbeker-toernooi te wees nie tensy daar vanjaar veel minder gespeel word nie.

“Die kaptein (John Smit) het ook die punt gemaak dat dit nie in die spelers se hande is nie, want hulle kan nie met hul werkgewers baklei nie. Die toestemming moet van bo kom.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Dante sê... Ek moet darem vir die Stormers n lansie breek. Jy sal opmerk dat al die spanne hul spelpatroon drasties wysig wanneer hulle teen die Stormers speel. Almal (selfs die Crusaders) het skoptaktiek gebruik toe hulle teen ons speel. Dit dwing die Stormers om die veilige opsie te neem en die wedstryde "versigtig" af te sluit. Ons speel ook geweldig baie 7-uur wedstryde en die veld is gevolglik baie nat. Glo my, die Stormers gaan, wanneer hulle teen die bulletjies op n droë Loftus speel, baie hardloop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: °C Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.