Div hou duim vas

2011-07-06 22:58
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, hoop sommige van die 21 beseerde toergroeplede sal fiksheidstoetse slaag voor Suid-Afrika se eerste twee wedstryde van die Drienasies-reeks later vandeesmaand.

“Sommige van hierdie spelers sal later vandeesweek ‘n tweede fiksheidstoets ondergaan, maar omdat ons ons groep Vrydag moet aankondig, moet ons byna onmiddellik besluite neem,” het De Villiers Woensdag gesê.

“Sodra ons ‘n tweede mening oor sommige spelers het, sal ons dalk ‘n bietjie verligting hê. Andersins moet ons net te werk gaan met die spelers wat ons het.”

Australië en Nieu-Seeland het in 2007 ‘n groot bohaai opgeskop toe die oud-Springbokafrigter Jake White sleutelspelers laat rus het vir die Springbokke se wegwedstryde in die Drienasiesreeks.

De Villiers het egter gesê hy is verras dat byna die helfte van sy voorlopige groep op die beseringslys is. Dit sluit heelwat senior spelers in, wat probleme voorspel voor die aanvang van die kompetisie.

“Toe ek met die mediese span beraadslaag het, was ek baie teleurgesteld dat ek nie van die spelers vir die Drienasies-reeks beskikbaar kan hê nie,” het hy gesê.

“Ons groep leiers is eintlik baie dun en dit kan op sigself ‘n paar probleme veroorsaak.”

Die Sharks-losvoorspeler Jean Deysel is vroeër Woensdag opgeroep om hom by die besering-geteisterde groep aan te sluit. De Villiers hoop ook om die stut BJ Botha, wat vir die Ierse span Munster speel, te betrek.

Craig Roberts, die Springbokke se spandokter, het gesê die spelers op die beseringslys sal moet rus om te kan herstel vir die span se tuiswedstryde in die reeks en die rugbywêreldbeker later vanjaar in Nieu-Seeland.

“Hierdie spelers moet hul beserings uitsorteer om so fiks en sterk as moontlik te word,” het Roberts gesê.

“Ons het die beserings identifiseer en die spelers moet nou bestuur word.

“Dit was ‘n lang seisoen en die spelers met beserings sal nou op rehabilitasieprogramme geplaas word.”

De Villiers het gesê hy is vol vertroue oor die span se kanse, al is dit met ‘n erg uitgedunde groep, vir die toetse teen Australië in Sydney op 23 Julie en Nieu-Seeland in Wellington op 30 Julie.

“Dit is nie wat ek verwag het nie, maar ek moet positief bly,” het De Villiers gesê.

Die beseerde lede van die groep is:

Duane Vermeulen (knie), Fourie du Preez (knie), Schalk Burger (duim), Victor Matfield (kuit en nek), Frans Steyn (enkel en rug), Jaque Fourie (lies), Jean de Villiers (lies), BJ Botha (knie), Juan Smith (hakskeen), Willem Alberts (skouer), Bismarck du Plessis (skouer), Andries Bekker (skouer, lies en enkel), Jannie du Plessis (knie), Francois Louw (sleutelbeen), Gurthrö Steenkamp (voorarm), Francois Hougaard (enkel), Butch James (knie), JP Pietersen (rug), Tendai Mtawarira (dy), Bryan Habana (skouer), Bakkies Botha (knie)

- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.