Div hoop Andries keer sterker terug

2010-06-08 06:47
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Andries Bekker sal die volle steun van sy afrigter, Peter de Villiers, hê wanneer hy aanstaande week midde-in ’n persoonlike krisis na die Springbok-groep terugkeer.

De Villiers wil hê sy spelers moet as rolmodelle in die samelewing dien, maar verlede week se onthullings dat Bekker ’n buite-egtelike verhouding het, gaan nie sy Bok-loopbaan in die gedrang bring nie.

Inteendeel, De Villiers hoop die puik slot van die Stormers keer as ’n sterker mens terug.

“Die Here bring slegs dinge oor jou pad om jou sterker te maak. Daarmee sê ek nie dis die Here wat hom die verkeerde ding laat doen het nie, maar hy kan as ’n sterker mens terugkeer,” het De Villiers gister gesê.

“Dis wat Suid-Afrika nodig het, en ons trap nie op mense wanneer hulle lê nie.

“Ek sal veel eerder vir Andries al die tyd wil gee wat hy nodig het om homself uit te sorteer en saam met sy familie deur die ding te kom.

“Jou familie gaan ná rugby nog steeds daar wees. Familie is vir my só belangrik en as ek vir hom en sy familie die geleentheid kan gun om sterker te word, is dit vir my positief.”

Bekker sukkel nog met ’n besering aan sy lae rug en is nie gister in die groep vir Saterdag se wedstryd teen Frankryk op Nuweland ingesluit nie.

“Hy is veronderstel om volgende week terug te wees en ek het nie met hom gepraat toe die ding (nuus oor die verhouding) gebreek het nie,” het De Villiers gesê.

“Dis ’n slegte situasie vir enigiemand om in te wees. Ons maak soms die verkeerde besluite in die lewe, maar dit maak nie van ons slegte mense nie. Dis net die verkeerde besluit.”

De Villiers het ook in die gesprek oor Bekker uit eie ervaring na die onsmaaklike seksvideo-storie in 2008 verwys. Daar was nooit bewyse van enige onwelvoeglike optrede deur die Bok-breier nie en hy het die bewerings ten sterkste ontken.

“Daar was nooit bewyse nie, maar dit het ’n slegte impak op my familie gehad. My dogter kon nie universiteit toe gaan nie en haar punte het daaronder gely. My ma het op die ouderdom van 84 byna ’n hartaanval gehad.”

Bekker sal op sy vermoë as ’n rugbyspeler deur sy breier beoordeel word.

“Andries het soos Flip van der Merwe (wat gister die eerste keer by ’n Bok-groep betrek is) en Juan de Jongh ’n puik Super14 gehad en ons beloon spelers daarvoor,” het De Villiers gesê.

“Ek kies nie spelers om sentimentele redes nie. Ek kies spelers omdat hulle ’n verskil kan maak.”

Die Westelike Provinsie-rugbyunie het bekend gemaak daar is nog kaartjies beskikbaar vir Saterdag se toets tussen Suid-Afrika en Frankryk op Nuweland.

Die kaartjiekantoor buite Nuweland is vandag van 09:00 oop, terwyl kaartjies ook by Computicket of Shoprite-Checkers aangeskaf kan word.

Die pryse wissel van R100 tot R400.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 149,990.00

TOYOTA

Camry 2.4 XLi MY04
2006
R 156,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.